15/16 MAART 2015……….ONE
YEAR LATER
Ons het ‘n paar laaaaang dae en nagte gehad. Baie hartseer,
baie vrees, baie onsekerheid, baie hoop, baie lag en baie dankbaarheid. Daar
was vele dokters en phisio besoeke, pille en medisyne, wonde wat net nie wou
genees en krag wat party dae net nie weer in die are wou vloei nie. Daar was
dae wat ons weer op die rollercoaster geklim het en dae wat ons weer kon
afklim…….elke dag in sy eie boks, soos deur die dokter voorspel.
Tog glo ek steeds dat hierdie moeilike ervaring met ‘n baie
spesifieke doel oor ons pad gekom het.
Ons het baie geleer, maar ook soms wel baie getwyfel. Mens dink iemand gaan in
die teater in en kom weer “heel” aan die anderkant uit, maar die wonde van
binne vat veel langer as die steke van buite om te genees. Ek glo tog dat na ‘n
jaar van “genees” is ons almal weer op die been en daarvoor is ek baie
dankbaar. As ek terugkyk is ek ook dankbaar vir die lesse wat ons kon leer,
hierdie dinge lees mens altyd in boeke, maar dit raak ‘n waarheid wanneer mens
so ‘n pad stap.
Vir niemand is die dag
van more belowe nie, maak die beste van vandag (cliché……..ek weet, maar dit is
WAAR!)
Waar een of meer in
gebed staan, is die Here naby. Hy luister elke keer. Hy gee jou nie altyd
waarvoor jy vra nie, maar Hy sal jou niks gee wat jy nie kan hanteer nie.Ons is ALMAL baie sterker as wat ons ooit sou kon dink.
Maak nie saak van jou
omstandighede nie. Kyk Op, maak geraas en beweeg vorentoe.
Sorg dat almal vir wie
jy lief het, dit AlTYD en ELKE DAG weet.Do not sweat the small stuff.
Moenie die krag van bemoediging onderskat nie. Ons as familie sou nie staande kon bly as dit nie vir almal van julle was wat ons staande gehou het nie. Mens hoef nie altyd iets te se of daadwerkliks te doen nie. Meeste kere kan mens net luister, aanraak of jou kop knik. Ons moet daar wees vir mekaar en kan instaan vir mekaar.
Ek het ook geleer dat my ma selfs nog sterker is as wat ek ooit sou kon dink. Dankie Ma, dankie dat jy soos ‘n rots staande gebly het, altyd moed gehou het en vooruit gestap het, selfs al het Ma party dae self nie die krag gehad nie. Dankie dat Ma altyd so mooi na Pa kyk. Ek salueer Ma!!!
Ons weet nie wat die “boks” van more inhou nie, maar Pappa, vir jou wens ek baie gesondheid toe. Ek wens dat die krag weer in Pa se are sal vloei en dat Pa baie pynlose dae sal he. Ek hoop Pa kry die geleentheid om al die stukke hout in erfstukke te omskep, ek weet hoe graag Pa dit wil doen. Ek hoop Pa kan nou aftree, baie kuier en net die goeie dinge van die lewe geniet.
Ek wil graag afsluit met ‘n paar woorde uit Adam Tas se
liedjie: Man soos my Pa:
“Gee my ‘n knipmes vir my gatsak,
Geloof as storms toesak,
Twee skouers wat ‘n swaar las kan dra
Here maak van my ‘n “mens” soos my Pa
‘n Hart wat hou van waarheid
Wat huil vir die wat swaarkry
‘n Glimlag vol van stoutheid
Twee bruin oe wat saamkyk
Die lewe is te kort om te kla
Leer vir my gebede wat vra vir hoop en vrede
Here maak van my ‘n “mens” soos my Pa
En as my bene eendag krom trek
En die skemer op die werf le
En U soek iemand om my te kom haal
Here stuur vir my ‘n man soos my Pa” – Adam Tas
Dankie Here vir ‘n man soos my Pa.
xxxxxxx
(en agter elke man soos my pa staan ‘n vrou soos my ma…….dankie
Ma………lief vir julle)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking