Woensdag 03 Junie 2015

CHEER VIR JOU KINDERS LANGS DIE PAD!



Ek kom vandag weer op hierdie stukkie af wat ek 3 jaar terug vir Mieke geskryf het na haar eerste ballet konsert...........nou is sy al 'n volwaardige ballerina met niks meer van die "baba vetjies" erens te bespeur nie.......tog bly die beginsel altyd dieselfde, maak nie saak hoe groot ons kinders raak nie.

"CHEER" VIR JOU KINDERS LANGS DIE PAD EN WEES ALTYD HUL GROOTSTE "FAN"!

ONS BALLERINA 2015

ONS VOELTJIE 2012

 
Ek en Leon het die afgelope jaar die voorreg gehad om ons eerste 2 “kinder konserte” (van nog 100de wat voorle) by te woon en mag ek net noem dat “konsert” vir ons ‘n heeltemal ander betekenis gekry het!
Eerstens was dit mos Mieke se balletkonsert, wat seker die grootste inpak op ons en haarself gehad het. Sy vertolk die rol van ‘n voeltjie (een van 8). Sy is by verre die “baba” in die konsert en al die hare kom skaars in die bollatjie by, maar ballet, ballet ons. Ure sit ek om by die oefeninge, party dae gaan dit beter as ander. Party dae is sy so vol selfvertroue en ander dae ontbreek dit heeltemal. Party dae vlieg ons voeltjie hoog en ander dae is daar ‘n gebreekte vlerk wat haar styf aan my been laat vasklou! Maar ons druk deur, mens gee nie so gou moed op nie. Een van die matriekmeisies kom tot ons redding, sy neem Mieke onder haar “swaan-vlerke” en maak ‘n behoorlike ophef van haar elke keer met die oefening. So gaan die dae en ure verby, party dae selfs 4 ure op ‘n dag se oefening, ek dink party dae, miskien is Mieke nog te klein daarvoor, maar juis op daardie dae verbaas sy my en vlieg sommer ekstra hoog. En na elke oefening het ek en sy dieselfde gesprek:
 
-          Jy het mooi gedans bokka, Mamma is trots op jou! (maak nie saak hoe beroerd dit partykeer gegaan het nie)
Die groot aand kom nader, die kostuums is gereed, die fotodag agter die rug, die programme gedruk.......ons voeltjie gaan deel wees van die “Lelike Eendjie word ‘n Swaan” ballet-uitvoering!!
 
Die Vrydagaand voor die groot konsert oefen hulle vir die eerste keer in die teater in Pretoria. Dit gaan weer ‘n 4 ure skof wees. Ek pak ‘n kosblik met al haar “favourites”, ‘n sak vol goed om haar mee besig te hou tussendeur wanneer hulle nie op die verhoog is nie, haar “kat kombers”, die hele storie. Die ouers mag nie in die kleedkamers agter by hulle sit nie, so ons moet hulle net gaan “afgee” by die deur. Mieke lyk senuwe-agtig toe ons by die vreemde plek uitklim. Ek sien die vriendelike swaan-meisie, sy kom dadelik nader, gesels met Mieke, vat haar.  Net voor hulle wegloop, roep ek haar terug.......Mieke se onderlip bewe.....
-          My selfoonnommer is voor in haar inkleurboek geskryf, bel my asb as daar probleme is, ek gaan nie terug huistoe nie, ek wag net hier buite. Dan het ek vir haar baie eetgoedjies ingepak en 2 bottels sap, eet julle sommer saam, daar is genoeg, hierdie is haar gunsteling kombers om op te sit, sy noem dit “kat” as sy daarvoor vra.......my gedagtes val myself in die rede.......genade Sonja, jy is oorbeskeremend and “paranoid”
-          Ag jammer, ek is seker julle weet wat om te doen
-          Dit is doodreg tannie, ek verstaan, ons sal mooi kyk na haar
-          TANNIE!!!!! TANNIE!!!! ‘n Matriekmeisie noem my tannie!!!! Ek gaan my “oogroom” dagvaar!
Anyway, ek draai om, Mieke lyk nie “happy” nie en ek wil haar nie te veel tyd gee om van plan te verander nie.   Wil my rekenaar in die kar gaan haal, miskien kan ek nog ‘n paar emails doen in die volgende 4 ure.....ek is nog nie by my kar nie, toe lui die foon....
-          Tannie, dit is Bianca (die swaanmeisie), Mieke huil vreeslik vir jou....
My moed sak in my skoene, die konsert is more aand!!! Dit is nie nou die tyd om ‘n “gebreekte vlerk te kry nie!! Ek draai om, kry haar by die deur, die “voeltjie-maskara”  het groot swart trane gemaak, dit is haar hele gesiggie vol. Ek eindig op om “onwettig” in die kleedkamer by haar te sit......ek haat eintlik ma’s wat die reels breek........
Ons oorleef die kleedrepitissie, maar dit gaan nie wonders nie.....sy huil, klou aan my vas, wil nie op die verhoog gaan nie...ek sien onder al die druk gaan die ballet juffrou nog ‘n aar op haar kop ook bars! Al die kostuums, ligte en drama is net te veel vir Mieke........miskien is sy nog te klein..... Na die repisstisie vat ek haar hand en neem haar na ons sitplekke vir die volgende aand (heel voor in die saal sodat sy ons kan sien..)
-          Bokka, kyk vir Mamma, ons het hard geoefen die jaar vir “ballalet (soos sy dit noem)”. Moreaand is die groot konsert. Mamma weet jy kan mooi dans. Ek, Pappa en Boetie gaan hier sit en vir jou kyk. Jy gaan alles doen wat die tannie vir jou se, nie huil nie en jou beste gee! Mamma weet jy kan...
-          Ja Mamma......
Die groot aand breek aan. Ons wy die hele dag aan die voorbereiding......sy moet bietjie slaap, ons pak weer die kosblik vol van al die gunstelinge, sap, inkleurboek, kat.........hare word in ‘n bolla gespuit, ons is oppad, hulle moet reeds 15:00 by die teater wees. Leon en Hannes kom bietjie later deur. Oppad soontoe vra ek:
-          Bokka, onthou jy wat mamma gister gese het? Wat moet jy vannaand doen?  
-          Ek moenie huil nie, alles doen wat tannie se en mooi dans, mamma
Ek ry amper die kar van die pad af......vannaand vlieg ons hoog...ek weet dit sommer!!
Sy is heel tevrede toe ek haar vir die swaan-meisie afgee. Ek probeer myself in toom hou die keer:
-          Alles is in die sak, jy weet mos en my nommer...jy weet mos
-          Ja Tannie, ons sal mooi na haar kyk, belowe
-          Bokka, Mamma is baie lief vir jou, ons gaan vir jou kyk, jy weet mos waar ons sit, gee jou beste en dans mooi, mamma weet jy kan!
Ek gaan soek sitplek by die ander wagtende mammas op die gras, klou my foon vas, wag vir die oproep.....maar niemand bel nie. .......Leon en Hannes maak hul opwagting vir die konsert, ons neem ons plekke in...dit is nogals ‘n formele storie..saal is vol. Toe ons gaan sit, se ek vir Leon..
-          Sy was heel fine.....ons moet maar kyk of sy op die verhoog kom
Die konsert begin, alles mooi en perfek, Hannes bekyk die storie met groot oe, Leon spot en se hy dink Hannes is een vir die “kunste”.....toemaar my skat, moenie bekommer nie, sy lyf sal dit nie toelaat nie....hy sal maar erens in die voorry gaan sak eendag spot ek terug...ons ou groot seuna!!
Ek ken al die musiek, die voeltjies gaan nou uitkom.....en hier kom hulle!!!! Mieke op haar plek.....doen haar passies, perfek, sy loer vinnig om te kyk of sy ons sien...ek is soos een van daardie ma’s waarvoor ek altyd snaaks aangekyk het.....maar ek gee nie om nie!! Waai my arms in die lug en wys trots verhoog toe.......
-          Daar is sy Lief, daar is sy!! Sy doen alles reg! Kyk hoe mooi is sy!! Ek kan dit nie glo nie!!! Ek kry sommer trane in my oe en ek sien die knop in Leon se keel......TROTS....DANKBAAR...mens kan dit nie beskryf nie........
Ons waai, cheer en spring.....soos daardie ouers waarvoor ek altyd snaaks gekyk het, maar ek gee nie om nie....vannaand vlieg ons hoog!!
21:00 die aand (6 ure na ek haar by die deur afgegee het) is dit die “grand finale”. Ek dink nie sy gaan meer wakker wees nie......hulle kom almal uit en daar is sy.....heel voor, regop, trots, in haar skik met haarself, stralend begroet sy die gehoor saam met haar ander maatjies.......ek herhaal weer die hele storie waarvoor ek altyd gelag het, maar ek gee nie om nie!!!
Ek gaan haal haar agter die verhoog na die tyd. Sy is stokflou......maar sy lag en straal.....
-          Mamma, ek het mooi gedans, ne!!!
-          Ek is sooooooo trots op jou, jy het jou beste gegee, mamma weet jy kan! Jy was die mooiste voeltjie vannaand!!!
Leon vertel vandag my reaksie, my gebare en kommentaar van daardie aand met groot humor oor. Dan lag ons weer saam en herleef die aand se sukses.........maar ek is nie skaam daaroor nie, ek sal enige tyd weer opspring, cheer en waai!
Ons kinders word nie in ‘n maklike wereld groot nie, die pad vorentoe is nie maklik nie, hulle het nodig om te weet daar is mense wat altyd vir hulle sal “cheer” langs die pad, maak nie saak hoe beroerd dit party dae gaan nie! Dit is ons werk as ouers om hulle HOOG te laat vlieg daar buite, ons is die wind onder hul vlerkies. Jy besluit self watter wind jou kind nodig het, party dae ‘n sterk wind, selfs ietwat van ‘n tornado, ander dae net ‘n briesie om hul hare deurmekaar te maak en hulle te laat weet dat jy nogsteeds daar is.........
So as julle oor ‘n paar jaar my langs die rugby – of hokkie/netbalveld sien spring, cheer en aanmoedig...moenie my snaaks aankyk nie, kom join my eerder.....ons almal se kinders kan doen met ‘n goeie “cheer” langs die pad!!!
Wen of verloor.......bly jou kinders se grootste “fan”!!
 
 
 
 
 

Woensdag 20 Mei 2015

EK, DIE LAAAAANG PAAIE EN MY GPS.




Hierdie is ‘n laaaaang ene, maar die paaie van Gauteng is lank……

Ek onthou nog so goed die dag toe ons uit die die Kaap gery het om die stadliggies van Gauteng aan te pak. 29 Junie 2011……..

Ons het op die N1 geklim oppad Paarl se kant toe…..ek het saggies gehuil en by die venster uitgekyk, ek kon die knop in Leon se keel sien….Mieke was stil in haar karstoel, salig onbewus van die groot verandering wat voorle……die kar was doodstil…..

Skielik het ons regs gedraai Val de Vie se kant toe……daar uitgeklim…net na 08:00 in die oggend moes ons die wynmaker gaan soek…Leon verduidelik ons storie…….”ons pak vandag 10 jaar in die Kaap op en laat van ons kosbaarste vriende en familie hier agter vir Gauteng…..maar eendag kom ons terug. So ons soek jou beste bottle wyn……een wat goed kan verouder, want die dag wanneer ons terugkom, gaan ons hom oopmaak…..” Hy het simpatiek vir ons gelag en sy beste gaan haal, ewe toegedraai in papier en in ‘n mooi houtkissie. Toe klim ons weer op die N1……1462km Gauteng toe. Die GPS het ons mooi verduidelik en so het ons 2 dae later in Pretoria arriveer……

Die wereld was vaal en alles redelik vreemd. Leon het spoedig begin werk en ek by die huis, 3 maande swanger met Hannes, met my kop, bokse om uit te pak en Pop. Die Vrydagmiddag het Leon by die huis gekom en gese: “Lief, ek dink jy moet bietjie uitkom…..” Ek was nie oortuig nie. Waarheen sal ek nou ry en hoe sal ek weer my pad tot by die huis kry? “Ons gaan more vir jou ‘n GPS koop, dit is al manier.” Wel, ‘n GPS het ek ook nog nooit gebruik nie en ek is nou die juis in die voorste ry van tegnologiese vaardighede nie, het ek gedink. Maar koop het ons hom gaan koop. Leon het baie geduldig verduidelik presies hoe dit werk, waar ek moet druk as ek die naaste hospitaal of polisiestasie moet kry. Hoe mens ‘n adres insit en heel laaste……"Lief as jy twyfel of regtig verdwaal, druk net “VAT MY HUISTOE”, dan sal jy weer hier uitkom."

Die volgende dag het ek Mieke ons eerste tree uit die huis in die kar op ons eie gegee…..na die naaste mall….3.5km ver! Ek was so op my senuwees, maar ons het veilig soontoe en veilig terug gekom. Van daardie dag was ek en my GPS redelik onafskeidbaar…….wanneer ek ook al erens heen moes ry was hy saam met my…..my veilig en onverdwaald orals geneem waar ek moes kom. Die stem wat my aan die begin irriteer het, het my vertroueling geraak en elke keer het ek ‘n klein swart toestel vertrou om my te bring waar ek moes wees. Ons het so gewoond geraak aan mekaar dat ek selfs party dae met hom kon terugpraat….."ja, ja ek sal omdraai sodra ek kans kry……as jy vroeer so gese het, het ek nie die afdraai gemis nie………!!" Die “Flying Saucer en Gulullios Interchange” het ek leer ry……en op ‘n manier verstaan…..ek kon met gemak in die vinnige baan ry en weet waar om te gaan as daar 6 bane weerskante van my is……..dit het net makliker begin raak. Ek kon selfs party dae my vertroueling stil maak en self my bestemming bereik……

En soos die paaie meer verstaanbaar raak so kon ek meer tyd kry om te dink….te dink oor die lewe en hoe baie die lewe ooreensten met die  “highways & byways” en die GPS’se in ons karre…….

Wanneer mens op die paaie ry, sien mens altyd karre wat vinniger is as joune, duurder en blinker, maar wanneer mens by bykans elke robot stop….sien mens mense wat nie eers kos het om te eet nie, wat praat nog van 4 wiele onder hulle sitvlak…..so wees dankbaar vir dit wat jy het en pas dit op……

Soms pak mens nuwe dinge aan en die paaie is werlik onbekend en ingewikkeld…..wees oop daarvoor……. gebruik die tools tot jou beskiking en enjoy the ride!

Sit soms die stem in jou kop af en vat die ompad, langpad en bospad……kyk by die venster uit en se sommer net dankie, jy sal defenitief iets moois raaksien.

Partykeer is die geraas in jou lewe so hard dat jy werklik die regte aanwysings nie kan hoor nie, raak gereeld stil en luister fyn…..na die mense om jou, jou hart en ons Hemelse Vader

 Mens hoef nie altyd geld by die robot te gee nie, maar probeer om ook nie lelik te wees nie…….dit is miskien ook nie vir daardie persoon maklik om daar te staan nie…miskien kan jy net ‘n halwe glimlag deur jou toe venster gee…..ek haal die woorde van ‘n wyse 5-jarige aan: “Mamma, as almal werk het, kan almal mos met oop vensters ry?”

Moenie altyd op jou “tooter” le en dinge uit verband ruk nie….partykeer is die beste opsie om net in stilte aan te ry……

Moenie dat “padvarke, taxis of lewens varke” jou ontstel nie…hulle steel jou vreugde en weet dit nie eers nie.

Wanneer die GPS van jou hart vir jou se om ‘n afrit te vat en jy mis dit…..met opset of per ongeluk…….sal mens gelukkig meeste van die kere voorkant toe kan omdraai….mag miskien net bietjie van ‘n ompad wees, maar mens kry darem tweede kanse..

Wees elke dag dankbaar as jy veilig by jou bestemming of by jou mense aankom….dit kon net so wel anders gewees het…wanneer jy by ‘n ongeluk verby ry…..bid vir die mense betrokke, al ken jy hulle nie, eendag bid iemand onbekend weer vir jou wanneer jy dit nodig het…..

Betaal jou “boetes” in die lewe as jy verkeerd was en ry aan, mens mag nie “reverse” op die “highways” nie, so beweeg aan en leer uit jou foute….

Miskien sou dit ook lekker wees as jy jou eindbestemming kon intik vir jou lewe…..daar waar jy oor ‘n paar jaar wil eindig….en dan sit jy….”vinnigste roete”……maar wat en waar sou ons nou insit? Het ons nie maar die onbekende, slaggate, afritte en spoedkaartjies nodig om ons as mens net beter te maak nie?

Ons is almal op verskillende “highways” van die lewe, party die hele tyd in die vinnige baan……party op ‘n 2-spoor pad of 'n stofpad, maak nie saak watter pad jy elke dag moet aandurf nie………wees wakker, dankbaar en geduldig. Groei waar jy ook al geplant is……..of op watter pad jy ook al ry. Ons ken nie ons eindbestemming nie, maar ons kan die rit ten minste geniet…

And if all else fails……druk die koppie “VAT MY HUISTOE”, daar sal jy altyd iemand kry wat bereid is om jou vas te hou lief te he.

…..ek hoop jou pad is sonder verkeer vandag…..maar as dit is, draai die musiek op….

xs

Maandag 16 Maart 2015

ONE YEAR LATER.......


 


 
15/16 MAART 2015……….ONE YEAR LATER

 Soos hulle in die “movies” sal se: “One Year Later”……….jip, ons het dit almal beleef en oorleef…..vandag ‘n volle jaar gelede het my Pa sy eerste hartaanval gehad. Daardie “gewone Sondagoggend” wat ons almal se lewens so baie verander het. En hier staan ons nou, almal nog staande na ‘n moeilike jaar.

Ons het ‘n paar laaaaang dae en nagte gehad. Baie hartseer, baie vrees, baie onsekerheid, baie hoop, baie lag en baie dankbaarheid. Daar was vele dokters en phisio besoeke, pille en medisyne, wonde wat net nie wou genees en krag wat party dae net nie weer in die are wou vloei nie. Daar was dae wat ons weer op die rollercoaster geklim het en dae wat ons weer kon afklim…….elke dag in sy eie boks, soos deur die dokter voorspel.

Tog glo ek steeds dat hierdie moeilike ervaring met ‘n baie spesifieke doel oor ons  pad gekom het. Ons het baie geleer, maar ook soms wel baie getwyfel. Mens dink iemand gaan in die teater in en kom weer “heel” aan die anderkant uit, maar die wonde van binne vat veel langer as die steke van buite om te genees. Ek glo tog dat na ‘n jaar van “genees” is ons almal weer op die been en daarvoor is ek baie dankbaar. As ek terugkyk is ek ook dankbaar vir die lesse wat ons kon leer, hierdie dinge lees mens altyd in boeke, maar dit raak ‘n waarheid wanneer mens so ‘n pad stap.

Vir niemand is die dag van more belowe nie, maak die beste van vandag (cliché……..ek weet, maar dit is WAAR!)
Waar een of meer in gebed staan, is die Here naby. Hy luister elke keer. Hy gee jou nie altyd waarvoor jy vra nie, maar Hy sal jou niks gee wat jy nie kan hanteer nie.
Ons is ALMAL baie sterker as wat ons ooit sou kon dink.

Maak nie saak van jou omstandighede nie. Kyk Op, maak geraas en beweeg vorentoe.
Sorg dat almal vir wie jy lief het, dit AlTYD en ELKE DAG weet.

Do not sweat the small stuff.

Moenie die krag van bemoediging onderskat nie. Ons as familie sou nie staande kon bly as dit nie vir almal van julle was wat ons staande gehou het nie. Mens hoef nie altyd iets te se of daadwerkliks te doen nie. Meeste kere kan mens net luister, aanraak of jou kop knik. Ons moet daar wees vir mekaar en kan instaan vir mekaar.

Ek het ook geleer dat my ma selfs nog sterker is as wat ek ooit sou kon dink. Dankie Ma, dankie dat jy soos ‘n rots staande gebly het, altyd moed gehou het en vooruit gestap het, selfs al het Ma party dae self nie die krag gehad nie. Dankie dat Ma altyd so mooi na Pa kyk. Ek salueer Ma!!!

Ons weet nie wat die “boks” van more inhou nie, maar Pappa, vir jou wens ek baie gesondheid toe. Ek wens dat die krag weer in Pa se are sal vloei en dat Pa baie pynlose dae sal he. Ek hoop Pa kry die geleentheid om al die stukke hout in erfstukke te omskep, ek weet hoe graag Pa dit wil doen. Ek hoop Pa kan nou aftree, baie kuier en net die goeie dinge van die lewe geniet. 

Ek wil graag afsluit met ‘n paar woorde uit Adam Tas se liedjie: Man soos my Pa:

“Gee my ‘n knipmes vir my gatsak,

Geloof as storms toesak,

Twee skouers wat ‘n swaar las kan dra

Here maak van my ‘n “mens” soos my Pa

‘n Hart wat hou van waarheid

Wat huil vir die wat swaarkry

‘n Glimlag vol van stoutheid

Twee bruin oe wat saamkyk

Die lewe is te kort om te kla

Leer vir my gebede wat vra vir hoop en vrede

Here maak van my ‘n “mens” soos my Pa

En as my bene eendag krom trek

En die skemer op die werf le

En U soek iemand om my te kom haal

Here stuur vir my ‘n man soos my Pa” – Adam Tas

 

Dankie Here vir ‘n man soos my Pa.

xxxxxxx

(en agter elke man soos my pa staan ‘n vrou soos my ma…….dankie Ma………lief vir julle)

 

 

 

Donderdag 29 Januarie 2015

DIE TOEBROODJIE EN DIE KOSBLIK


 
DIE TOEBROODJIE EN DIE KOSBLIK
 
Vannaand is Dinsdag 13 Januarie 2015, die aand voor die skole in Gauteng heropen. Ek staan alleen in die kombuis, 2 oop kosblikke voor my op die tafel……………en skielik dink ek: “hoe vining” het die tyd nie gevlieg nie. Voel soos gister wat ons so bitter opgewonde was om ons dogter en 2 jaar later ons bulletjie seun te ontmoet………….ek onthou nog hoe ons gewonder het hoe hulle gaan lyk, hoe hulle persoonlikhede gaan wees en hoe ons gebid het dat hulle net gesond sal wees. Vannaand is Mieke al ‘n volle 5 en Hannes ‘n volle 3 jaar oud! By tye die grootste uitdagings van ons lewens, maar altyd ons grootste vreugdes!

En hier staan ek vannaand…..besig om die eerste kosblikke vir die volgende 15 jaar te pak! Ek kry skielik hoendervleis, ek kan nie glo ons Pop gaan more al Graad R toe nie. Ek het vroeer die aand vir hulle gevra wat hulle op hul broodjies wil he vir die volgende dag: “Toop (stroop), Mamma” het dit van Hannes gekom en Mieke kort agterna: “Grondboontjiebotter asb Mamma”…… Snaaks, dink ek, hulle altwee eet dit apart, of die een of die ander, maar nie die kombinasie nie.

Ek dink terug aan my koshuisdae. Ons kon pouses broodjies by die koshuis gaan eet. Woensdae was “Peanutbutter & Stroop Dae”, ons gunsteling. Die ander dae was maar ‘n mengelmoes van Marmite, Marmelade of Gemenge Konfyte………..jy kan verstaan hoekom Woensdae ons gunsteling was. Dan onthou ek ook Maandae, as ons eers die oggend van die plaas af sou ry koshuis toe, het my Ma ekstra vroeg opgestaan en vir ons “toasted tamatie & kaas” broodjies gemaak, in ‘n pannetjie op die gasstoof. Mens kon dit al ruik wanneer sy ons kom wakker maak het. Maandae het ons ook lekker broodjies gehad…….ek onthou hoe mens dan sou uitsien na pouse, na jou kosblik met ‘n spesiale broodjie……..ek kon die liefde en my ma se hande in daardie broodjies proe.

Toe wonder ek, sal Mieke en Hannes ook more so uitsien na hulle kosblikke en darem so bietjie, net ‘n klein bietjie aan my dink…….My oe skiet vol trane, ek hoop hulle is “happy” by die nuwe skool. Eintlik hoop ek dat hulle so gelukkig is dat hulle miskien nie na my sal verlang nie, dit kan hulle miskien hartseer maak.

Ek sluk my trane en begin pak die broodjies, een met “toop” en een met grondboontjiebotter soos versoek. Wens ek kon hul gunsteling “sweetie” ook daar insmokkel, maar die skool is nogals streng dat die kinders nie elke dag ‘n lekkertjie moet inkry nie…..Vrydae is sweetie dag. Ek pak die soutkoekie, die droewors en die kasie in……….lyk darem genoeg. Sit die kosblikke in die yskas vir moreoggend. Bed toe vir my.

Ons is vroeg aan die gang. Dit reen en die verkeer staan doodstil, tussendeur die honderde karre, reen en kinders se opgewondenheid voel my gemoed maar swaar. Ek is so dankbaar, maar ook so hartseer. Ons soek parkering, sakke op die rug, klas toe. Hannes gaan maklik na die nuwe vriendelike tannie toe. Hy sien blokkies en karre en los my hand vining. Ek voel die trane in my oe, maar sluk en sluk weer………ons kom by Mieke se klas aan. Die nuwe Juffrou is net so vriendelik en opreg. Ek het onmiddelik vertroue in haar. Mieke klou my hand stywer……ek voel hart hart klop woes, sy draai om….. “Mamma moenie huil nie, ons sal okay wees”….haar stem bewe, maar haar oe is helder en vol sterre. Die trane stroom oor my wange, sy los my hand en stap om op die mat by die ander maatjies te gaan sit……..daar gaan sy….5 jaar later….

Ek draai om, sit my sonbrille op die mees bewolkte dag in Pretoria op en stap tot by my kar. Ek is papnat gereen en gehuil. Ewe skielik voel ek amper wees, die kar is doodstil………

Vier ure later tel ek twee opgewonde, maar uitgeputte kinders op. Elkeen het sy eie storie van hul eerste dag by die nuwe skool. Ek vra: “Het julle julle broodjies opgeeet?” “Jaaaaaa”, kom dit gelyk van agter af. Ons gesels oor alles en nog wat. Halfpad huistoe raak Hannes aan die slaap. Mieke raak ook stiller…..ewe skielik hoor ek haar se: “Dankie vir my kosblik Mamma, ek het na jou verlang toe ek dit eet.”

Vir die soveelste keer skiet my oe vol trane…….”Plesier Sticks, Mamma het na julle ook verlang..”
xxxxxxxxx