Vrydag 13 Mei 2016



"VREDE" PA……..TOT ONS WEER SIEN……..(ONS SAL MOOI KYK NA MA)

Gister was dit drie weke…drie weke wat party dae voel soos 3 ure en pary dae soos 3 jaar……..

As ek terugdink aan daardie Donderdag, sou ek nooit kon dink dat daardie Donderdag 21 April as een van die hartseerste dae van my lewe sou uitdraai nie. Net weereens ‘n bewys van hoe onvoorspelbaar die lewe is. Ons neem aan dat ons vannaand gaan slaap en moreoggend sal opstaan en weer aangaan om weer te gaan slaap en weer op te staan……..ons stel so maklik dinge uit tot more en as ons more nie daarby uitkom nie, dan tot die volgende dag. Partykeer gaan slaap ons ook so bietjie “troebel” vir mekaar……is net nou te moeg om dit uit te praat…..sal more dit uitsorteer as ons albei rus ingekry het……….maar wie weet of dit ‘n sekerheid is dat ons almal wel die son sal sien opkom moreoggend……

Daardie middag het hy nog om die tafel by my en my ma kom sit en gares afknip vir die “perde” wat ek vir die mark moes maak. Hy het na die kinders se rapporte gekyk, hulle goeie uitslae hardop gelees en hulle verseker dat hulle defenitief hul Oupa se “kuns-gene en slimheid” gekry het. Hy en Hannes het nog “skelm” ‘n sweetie geeet, Mieke het hulle uitgevang en wou vir Ouma se. Hy het haar oorreed om vir R 10 snoepiegeld hulle geheim te bewaar…………hy het ‘n ou vriend van hom gebel en vir ‘n halfuur oor houtwerk en sonpanele gepraat. Dit was net 'n gewone Donderdag middag.....

Ewe skielik het ‘n kouete oor Pretoria gekom. Ek het voorgestel dat ons sommer eerder pasta moes maak binneshuis as om die beloofde steak te braai. Dit was “spesiale” steak. My Pa het gesweer dit is die beste steak wat hy nog ooit geeet het en elke keer as hulle kom kuier het Leon dit weer so, op DAARDIE manier gebraai. Leon het vasgeskop, ons braai Pa se steak vannaand!!! Halfpad oppi kole, kom Leon met ‘n “happie” op ‘n vurk vir my Pa……… "hy is reg ou Leon…..” was sy antwoord. Ons sit saam aan tafel, kuier en lag, maak planne vir die volgende kuier en vleiswerk. Hy het dik stroop op sy brood gegooi met kaas, die steak sooooo geniet….. "Jinne, nou eet ek darem lekker Kinders, dankie…..” Met daardie woorde staan hy op van die tafel. “Ek dink ek gaan so lank le. Dankie Kinders. Lekker slaap. Lief julle.” Halfpad teen die trappe op se Mieke: “Oupa moenie van my R 10 vergeet nie…….” “Ja, ou Mieke spot hy terug. Kom kry dit moreoggend vroeg by my en as ek nie kan nie, leen eers by Ouma…..” En so sien ek hom nog opstap met die trappe…………."Nag Pa"……..

Ons drink ons tee klaar en begin almal bed se kant toe staan. My kop raak die kussing, Leon sit regop, “Wie skree so?” vra hy, 2 sekondes gaan verby….. “Dis jou Ma!!!!” Ons hardloop die kamer binne…….en daar begin die nagmerrie…..”Hy het net inmekaar gesak verduidelik my Ma deur die trane.” “Bel die ambulans……..” Leon hardloop, kry ‘n foon, ek staan voor hom….. “PA!!!!!!!!......PA!!!!! HOOR PA MY???” Ek hou sy kop en lyf regop, ek moet iets doen…..… “PA!!!!!!!!......PA!!!!! HOOR PA MY???” “HERE!!!! AS DAAR ‘N TYD VIR WONDERWERKE IS……….IS DIT NOU……..PA!!!!! PA!!!!!!” Leon hardloop terug, die ambulans is oppad…….ons moet net vasbyt…….Ek bel vir Tannie Ella, vra vir haar wat ek nog kan doen……hulle is oppad………Leon ry en gaan soek die ambulans……..die sekondes voel soos minute en die minute soos ure……….. “PA!!!!! PA!!!!!!”. Ek hou aan, druk op sy bors, blaas asem, BID, SKREE dan weer druk op sy bors, blaas asem, BID, SKREE…….ek voel hom koud word onder my hande, hoe sy lyf “hol” word, maar dit lyk net of hy slaap. Dit is weird…………agter my is dit amper asof ek iemand hoor se……. “Hou op skree my kind……..raak kalm…….” Ek weet dit is my Pa………….maar ek soek hom nie agter my nie, ek soek hom hier voor my, hier onder my hande…… PA!!!!! PA!!!!!! My ma is stukkend……..my hart le op die grond……….”Ma, hou vas hom asb, ek gaan die dokter af in die pad roep……..ek hardloop in my nagklere, kaalvoet oor die lee erwe oor die teerpad, hammer aan die deur, roep……..niks…………ek hardloop na die volgende huis waar nog ‘n dokter bly, spring oor die muur, hammer aan die deur en roep……niemand is by die huis nie………ek hardloop terug….En ek begin weer…. druk op sy bors, blaas asem, BID, SKREE dan weer druk op sy bors, blaas asem, BID, SKREE…….die ambulans is hier.

Ek hou my Ma styf vas, ons stap uit die kamer…………ons gaan sit onder op die bank. Paar minute later kom Leon by die trappe af…..hy kan sy emosies skaars beheer….. “Ek is jammer Ma.” My hart ruk, my Ma ruk……..ek het dit geweet. Ek het geweet hy wou nie terugkom nie….

Tannie Ella en Oom Russel kom soos twee engele deur die deur gestap. Ek moet my sussies bel dink ek……maar hoe se ek ons Pa is “weg”? Dat ek niks kon doen om hom te help nie? Leon bel die Swaers….miskien kan hulle die nuus “sagter” breek. Vir die volgende paar ure begin ek bewe soos ‘n riet, ek kry verskriklik koud………so koud soos my Pa. Die ambulans vul vorms in…hulle vra antwoorde…..dan vra sy my om te teken….”Waarvoor” wil ek weet…”Ek oorhandig nou jou Pa se liggaam aan jou, sy dogter……” Ek vat die pen……kan skaars op die lyn teken…NEEEEEEEE!!!! Verdere reelings word getref en 3 uur daardie Vrydagoggend is die huis doodstil…….’n onbeskryflike stilte met ‘n groot hartseer wat soos ‘n wolk oor ons toegetrek het. Niemand kan slaap nie, maar elkeen kry ‘n le-plek….my Ma langs my........ 
Die volgende oggend kom die son op soos enige ander oggend, maar dit is nie dieselfde vir ons nie. Ons is oe en harte is rou gehuil. Reelings moet getref word en mense moet laat weet word. Vriende en Familie dra kos en blomme aan, drukkies, oproepe en boodskappe van bemoediging stroom ons huis binne. Elkeen prober op sy of haar manier 'n stukkie van ons optel en weer bymekaar gom.....Ons is so bitter dankbaar vir al die omgee………my klein sussie van Kathu kom deur. Ons is bly en so hartseer om hulle te sien. Ons huil baie saam, sit my Ma daardie aand in die bed en maak twee bottels rooiwyn klaar. Deur alles en almal en in die nag wanneer ek van daardie verskriklike "laaste asem" geluid wakker word, opspring en aan almal gaan voel of hulle nog asem haal, dink ek, ek dink en baklei………..ek besef my Pa het die afgelope twee weke al sy kinders en klein kinders gesien, ek besef hy het soveel vrede gehad, ek besef hy was reg om te gaan……MAAR wat van MY…..wat van ONS wat agter bly??? Ek sal eerder weer op die "roller coaster” van 2 jaar terug klim, ek sal eerder weer vir 7 ure op die groen banke gaan sit en na lelike portrette staar……..ek wil net eerder ‘n bietjie HOOP he…….

Dan dink ek aan die dag wat ek en hy op die leerbank gesit het na Mieke se geboorte. Hy het so uitgekyk oor die dakkies van die aftree-oord wat aan ons estate gegrens het en gevra wat dit is. Ek het gespot en gese hy moet die plaas verkoop en daar naby my kom bly…..sy antwoord: “Ai, my kind, jy weet mos dit gaan nooit gebeur nie. As die Here my eendag ‘n laaste guns wil doen, sal hy my vining kom haal, want vir my om in ‘n aftree-oord te gaan sit en nie met my hande te kan werk nie, gaan nie vir my werk nie….” Ek dink aan die dag van my troue wat hy vir my ma gese het….”Antie, nou is dit nog net Belinda wat iemand moet kry wat mooi na haar kan kyk……dan het al 3 ons dogters grade en lewensmaats, dan kan die Here my maar kom haal, want dan het ek gedoen wat ek moes op aarde…..” Dit was reeds 11 jaar terug. Dan besef ek, die Here het hom veel meer gegee as waarvoor hy “ge-bargain” het……..tussendeur kon hy nog deel wees van 6 kleinkinders se lewens, hy kon ophou boer, weer begin en weer ophou……….

Alles begin om ons draai, reelings vir die roudiens, reelings met almal wat graag daar wil wees, reelings vir my mark. My engel-vriendin en haar man willig in om met my mark voort te gaan…..hulle sit verlof in en spring in……..hoe sal ek ooit kan dankie se? Maandag ry ons Upington toe. Die pad is lank en hartseer. Snaaks hoe ek Desember toe ons daarvan af ry, nooit sou kon dink die volgende keer sou ek kom om van my Pa afskeid te neem nie. Die huis en stoor lyk nog alles presies dieselfde…..alles waarmee hy nog besig was, staan met so. Mens kan amper verwag dat hy enige oomblik om die draai sou aangestap kom, met sy veldskoene aan en laphoed op sy kop. Maar hy gaan nie kom nie….nooit weer nie….Dit is lekker en hartseer om my oudste sussie te sien......sou haar graag wou druk sonder om te huil....

Dinsdagoggend kom ons almal bymekaar vir roudiens…….die karre ry in…mense groet en simpatiseer. Ons stap die lang paadjie in die kerk af…..my ma, 3 susters, 3 broers, 6 kleinkinders…..en dan my Pa se foto langs die blomme voor in die kerk. Hy is nie langs ons op die bank nie…en gaan nooit weer wees nie. Dit is ‘n mooi diens. My Pa kyk op ons almal toe van daar voor af, en al is ons almal so hartseer, kry ek heeltyd die gevoel dat hy so tevrede is. Na die diens drink ons tee…almal praat en gesels, groet….mense wat ek kan onthou en mense wat ek nie kan onthou nie. Maar almal het ‘n storie, hul eie storie van hoe my Pa hul lewens geraak het, hoe hy hulle gehelp het, geleer het, net DAAR was. So baie mense wat soooo lief was vir hom. Die dominee het gese dat as daar een ding was wat hy altyd van my Pa sou onthou is hoe “GROOT” hy oor die lewe kon dink…….op die kerkbasaar sou my ma 10 kg maalvleis wou koop……hy het dit 20 kg gemaak…..4 panne beskuit, het 8 panne geraak…….Ek kyk om my rond, luister na almal se “Kola-stories” en besef…..My Pa was ‘n groot man, groot hande, groot hart, GROOT op die lewe…….

Daardie aand braai ons vleis, soos my Pa dit sou wou he. Hannes kom sit by my…hy kyk na die sterre en vra of Oupa nou daar bo by Liewe Jesus ‘n paar goedjies regmaak? Ons vernoem sommer ‘n ster na Oupa, dan weet ons hy kyk elke aand vir ons. Snaaks hoe kinders ook hierdie goed verwerk. Hannes wil weet wie hom gaan wys hoe ‘n enjin werk, Oupa sou dit nog doen? Mieke is bly Oupa lewe nou in die hemel en weet dat ons almal eendag weer bymekaar sal wees……

Daardie Sondagoggend word ek wakker….wakker met die gedagte dat my Pa nie vandag gaan bel nie…hy het altyd Sondae gebel en met almal gesels. Dit voel by tye nogsteeds so werklik en onwerklik! Ek gaan sien my huisdokter, die geluide in die nag hou my nog wakker en ek voel of ek van dag tot dag ronddwaal. Hy gesels lank met my. Verduidelik my wat presies gebeur het, hoe die liggaam dan werk en verseker my dat ek werklik niks meer vir my Pa kon doen nie. “Troos jouself daaraan Sonja, dit is werklik die beste manier om te gaan. Die Here het jou Pa sy guns gedoen…”

Twee aande terug droom ek vir die eerste keer weer oor my Pa…….geen nagmerries, net soos ek hom graag wil onthou. Ek droom hy sit op sy stoel in my huis. Ek vra hom wat hy hier maak, want hy is mos nie meer hier nie…….Hy lag en se kalm… “Ek sal altyd by jou wees my kind…” Daar is so baie wat ons gaan mis…Pa se hande wat so hard kon werk, maar sag kon vat….Pa se oe wat reguit kyk, Pa se menswees, Pa se stories………….Pa het ons soveel van die lewe en die liefde geleer…..Pa was so ongelooflik lief vir die vier vrouens in Pa se lewe….. ek het 36 jaar saam met Pa gehad, maar ‘n leeftyd se “memories”…….snaaks hoe soveel dinge in my lewe nou MEER en MINDER saakmaak……...TYD......Ek sou so graag nog tyd wou he, tyd sodat Pa vir Hannes kon wys hoe ‘n enjin werk, tyd sodat Pa kon sien hoe Pa se enigste kleindogter eendag in die kerk sou afstap, tyd om op Pa se skoot te sit, al was ek al hopeloos te groot daarvoor, tyd om Pa se raad te vra, tyd om na Pa se stories te kon luister, sommer net tyd………..maar ons sou nooit GENOEG tyd he……….

Ek wens dat daar mense vir Pa in die hemal wag wat vir Pa net so lief is soos ons vir Pa is……, ‘n pak lemon creams, daardie perfekte steak op die kole, ‘n bloedrooi 135 Massey Ferguson trekker en ‘n laphoed. Soos Pa altyd sou se… “VREDE”.


Woensdag 03 Junie 2015

CHEER VIR JOU KINDERS LANGS DIE PAD!



Ek kom vandag weer op hierdie stukkie af wat ek 3 jaar terug vir Mieke geskryf het na haar eerste ballet konsert...........nou is sy al 'n volwaardige ballerina met niks meer van die "baba vetjies" erens te bespeur nie.......tog bly die beginsel altyd dieselfde, maak nie saak hoe groot ons kinders raak nie.

"CHEER" VIR JOU KINDERS LANGS DIE PAD EN WEES ALTYD HUL GROOTSTE "FAN"!

ONS BALLERINA 2015

ONS VOELTJIE 2012

 
Ek en Leon het die afgelope jaar die voorreg gehad om ons eerste 2 “kinder konserte” (van nog 100de wat voorle) by te woon en mag ek net noem dat “konsert” vir ons ‘n heeltemal ander betekenis gekry het!
Eerstens was dit mos Mieke se balletkonsert, wat seker die grootste inpak op ons en haarself gehad het. Sy vertolk die rol van ‘n voeltjie (een van 8). Sy is by verre die “baba” in die konsert en al die hare kom skaars in die bollatjie by, maar ballet, ballet ons. Ure sit ek om by die oefeninge, party dae gaan dit beter as ander. Party dae is sy so vol selfvertroue en ander dae ontbreek dit heeltemal. Party dae vlieg ons voeltjie hoog en ander dae is daar ‘n gebreekte vlerk wat haar styf aan my been laat vasklou! Maar ons druk deur, mens gee nie so gou moed op nie. Een van die matriekmeisies kom tot ons redding, sy neem Mieke onder haar “swaan-vlerke” en maak ‘n behoorlike ophef van haar elke keer met die oefening. So gaan die dae en ure verby, party dae selfs 4 ure op ‘n dag se oefening, ek dink party dae, miskien is Mieke nog te klein daarvoor, maar juis op daardie dae verbaas sy my en vlieg sommer ekstra hoog. En na elke oefening het ek en sy dieselfde gesprek:
 
-          Jy het mooi gedans bokka, Mamma is trots op jou! (maak nie saak hoe beroerd dit partykeer gegaan het nie)
Die groot aand kom nader, die kostuums is gereed, die fotodag agter die rug, die programme gedruk.......ons voeltjie gaan deel wees van die “Lelike Eendjie word ‘n Swaan” ballet-uitvoering!!
 
Die Vrydagaand voor die groot konsert oefen hulle vir die eerste keer in die teater in Pretoria. Dit gaan weer ‘n 4 ure skof wees. Ek pak ‘n kosblik met al haar “favourites”, ‘n sak vol goed om haar mee besig te hou tussendeur wanneer hulle nie op die verhoog is nie, haar “kat kombers”, die hele storie. Die ouers mag nie in die kleedkamers agter by hulle sit nie, so ons moet hulle net gaan “afgee” by die deur. Mieke lyk senuwe-agtig toe ons by die vreemde plek uitklim. Ek sien die vriendelike swaan-meisie, sy kom dadelik nader, gesels met Mieke, vat haar.  Net voor hulle wegloop, roep ek haar terug.......Mieke se onderlip bewe.....
-          My selfoonnommer is voor in haar inkleurboek geskryf, bel my asb as daar probleme is, ek gaan nie terug huistoe nie, ek wag net hier buite. Dan het ek vir haar baie eetgoedjies ingepak en 2 bottels sap, eet julle sommer saam, daar is genoeg, hierdie is haar gunsteling kombers om op te sit, sy noem dit “kat” as sy daarvoor vra.......my gedagtes val myself in die rede.......genade Sonja, jy is oorbeskeremend and “paranoid”
-          Ag jammer, ek is seker julle weet wat om te doen
-          Dit is doodreg tannie, ek verstaan, ons sal mooi kyk na haar
-          TANNIE!!!!! TANNIE!!!! ‘n Matriekmeisie noem my tannie!!!! Ek gaan my “oogroom” dagvaar!
Anyway, ek draai om, Mieke lyk nie “happy” nie en ek wil haar nie te veel tyd gee om van plan te verander nie.   Wil my rekenaar in die kar gaan haal, miskien kan ek nog ‘n paar emails doen in die volgende 4 ure.....ek is nog nie by my kar nie, toe lui die foon....
-          Tannie, dit is Bianca (die swaanmeisie), Mieke huil vreeslik vir jou....
My moed sak in my skoene, die konsert is more aand!!! Dit is nie nou die tyd om ‘n “gebreekte vlerk te kry nie!! Ek draai om, kry haar by die deur, die “voeltjie-maskara”  het groot swart trane gemaak, dit is haar hele gesiggie vol. Ek eindig op om “onwettig” in die kleedkamer by haar te sit......ek haat eintlik ma’s wat die reels breek........
Ons oorleef die kleedrepitissie, maar dit gaan nie wonders nie.....sy huil, klou aan my vas, wil nie op die verhoog gaan nie...ek sien onder al die druk gaan die ballet juffrou nog ‘n aar op haar kop ook bars! Al die kostuums, ligte en drama is net te veel vir Mieke........miskien is sy nog te klein..... Na die repisstisie vat ek haar hand en neem haar na ons sitplekke vir die volgende aand (heel voor in die saal sodat sy ons kan sien..)
-          Bokka, kyk vir Mamma, ons het hard geoefen die jaar vir “ballalet (soos sy dit noem)”. Moreaand is die groot konsert. Mamma weet jy kan mooi dans. Ek, Pappa en Boetie gaan hier sit en vir jou kyk. Jy gaan alles doen wat die tannie vir jou se, nie huil nie en jou beste gee! Mamma weet jy kan...
-          Ja Mamma......
Die groot aand breek aan. Ons wy die hele dag aan die voorbereiding......sy moet bietjie slaap, ons pak weer die kosblik vol van al die gunstelinge, sap, inkleurboek, kat.........hare word in ‘n bolla gespuit, ons is oppad, hulle moet reeds 15:00 by die teater wees. Leon en Hannes kom bietjie later deur. Oppad soontoe vra ek:
-          Bokka, onthou jy wat mamma gister gese het? Wat moet jy vannaand doen?  
-          Ek moenie huil nie, alles doen wat tannie se en mooi dans, mamma
Ek ry amper die kar van die pad af......vannaand vlieg ons hoog...ek weet dit sommer!!
Sy is heel tevrede toe ek haar vir die swaan-meisie afgee. Ek probeer myself in toom hou die keer:
-          Alles is in die sak, jy weet mos en my nommer...jy weet mos
-          Ja Tannie, ons sal mooi na haar kyk, belowe
-          Bokka, Mamma is baie lief vir jou, ons gaan vir jou kyk, jy weet mos waar ons sit, gee jou beste en dans mooi, mamma weet jy kan!
Ek gaan soek sitplek by die ander wagtende mammas op die gras, klou my foon vas, wag vir die oproep.....maar niemand bel nie. .......Leon en Hannes maak hul opwagting vir die konsert, ons neem ons plekke in...dit is nogals ‘n formele storie..saal is vol. Toe ons gaan sit, se ek vir Leon..
-          Sy was heel fine.....ons moet maar kyk of sy op die verhoog kom
Die konsert begin, alles mooi en perfek, Hannes bekyk die storie met groot oe, Leon spot en se hy dink Hannes is een vir die “kunste”.....toemaar my skat, moenie bekommer nie, sy lyf sal dit nie toelaat nie....hy sal maar erens in die voorry gaan sak eendag spot ek terug...ons ou groot seuna!!
Ek ken al die musiek, die voeltjies gaan nou uitkom.....en hier kom hulle!!!! Mieke op haar plek.....doen haar passies, perfek, sy loer vinnig om te kyk of sy ons sien...ek is soos een van daardie ma’s waarvoor ek altyd snaaks aangekyk het.....maar ek gee nie om nie!! Waai my arms in die lug en wys trots verhoog toe.......
-          Daar is sy Lief, daar is sy!! Sy doen alles reg! Kyk hoe mooi is sy!! Ek kan dit nie glo nie!!! Ek kry sommer trane in my oe en ek sien die knop in Leon se keel......TROTS....DANKBAAR...mens kan dit nie beskryf nie........
Ons waai, cheer en spring.....soos daardie ouers waarvoor ek altyd snaaks gekyk het, maar ek gee nie om nie....vannaand vlieg ons hoog!!
21:00 die aand (6 ure na ek haar by die deur afgegee het) is dit die “grand finale”. Ek dink nie sy gaan meer wakker wees nie......hulle kom almal uit en daar is sy.....heel voor, regop, trots, in haar skik met haarself, stralend begroet sy die gehoor saam met haar ander maatjies.......ek herhaal weer die hele storie waarvoor ek altyd gelag het, maar ek gee nie om nie!!!
Ek gaan haal haar agter die verhoog na die tyd. Sy is stokflou......maar sy lag en straal.....
-          Mamma, ek het mooi gedans, ne!!!
-          Ek is sooooooo trots op jou, jy het jou beste gegee, mamma weet jy kan! Jy was die mooiste voeltjie vannaand!!!
Leon vertel vandag my reaksie, my gebare en kommentaar van daardie aand met groot humor oor. Dan lag ons weer saam en herleef die aand se sukses.........maar ek is nie skaam daaroor nie, ek sal enige tyd weer opspring, cheer en waai!
Ons kinders word nie in ‘n maklike wereld groot nie, die pad vorentoe is nie maklik nie, hulle het nodig om te weet daar is mense wat altyd vir hulle sal “cheer” langs die pad, maak nie saak hoe beroerd dit party dae gaan nie! Dit is ons werk as ouers om hulle HOOG te laat vlieg daar buite, ons is die wind onder hul vlerkies. Jy besluit self watter wind jou kind nodig het, party dae ‘n sterk wind, selfs ietwat van ‘n tornado, ander dae net ‘n briesie om hul hare deurmekaar te maak en hulle te laat weet dat jy nogsteeds daar is.........
So as julle oor ‘n paar jaar my langs die rugby – of hokkie/netbalveld sien spring, cheer en aanmoedig...moenie my snaaks aankyk nie, kom join my eerder.....ons almal se kinders kan doen met ‘n goeie “cheer” langs die pad!!!
Wen of verloor.......bly jou kinders se grootste “fan”!!
 
 
 
 
 

Woensdag 20 Mei 2015

EK, DIE LAAAAANG PAAIE EN MY GPS.




Hierdie is ‘n laaaaang ene, maar die paaie van Gauteng is lank……

Ek onthou nog so goed die dag toe ons uit die die Kaap gery het om die stadliggies van Gauteng aan te pak. 29 Junie 2011……..

Ons het op die N1 geklim oppad Paarl se kant toe…..ek het saggies gehuil en by die venster uitgekyk, ek kon die knop in Leon se keel sien….Mieke was stil in haar karstoel, salig onbewus van die groot verandering wat voorle……die kar was doodstil…..

Skielik het ons regs gedraai Val de Vie se kant toe……daar uitgeklim…net na 08:00 in die oggend moes ons die wynmaker gaan soek…Leon verduidelik ons storie…….”ons pak vandag 10 jaar in die Kaap op en laat van ons kosbaarste vriende en familie hier agter vir Gauteng…..maar eendag kom ons terug. So ons soek jou beste bottle wyn……een wat goed kan verouder, want die dag wanneer ons terugkom, gaan ons hom oopmaak…..” Hy het simpatiek vir ons gelag en sy beste gaan haal, ewe toegedraai in papier en in ‘n mooi houtkissie. Toe klim ons weer op die N1……1462km Gauteng toe. Die GPS het ons mooi verduidelik en so het ons 2 dae later in Pretoria arriveer……

Die wereld was vaal en alles redelik vreemd. Leon het spoedig begin werk en ek by die huis, 3 maande swanger met Hannes, met my kop, bokse om uit te pak en Pop. Die Vrydagmiddag het Leon by die huis gekom en gese: “Lief, ek dink jy moet bietjie uitkom…..” Ek was nie oortuig nie. Waarheen sal ek nou ry en hoe sal ek weer my pad tot by die huis kry? “Ons gaan more vir jou ‘n GPS koop, dit is al manier.” Wel, ‘n GPS het ek ook nog nooit gebruik nie en ek is nou die juis in die voorste ry van tegnologiese vaardighede nie, het ek gedink. Maar koop het ons hom gaan koop. Leon het baie geduldig verduidelik presies hoe dit werk, waar ek moet druk as ek die naaste hospitaal of polisiestasie moet kry. Hoe mens ‘n adres insit en heel laaste……"Lief as jy twyfel of regtig verdwaal, druk net “VAT MY HUISTOE”, dan sal jy weer hier uitkom."

Die volgende dag het ek Mieke ons eerste tree uit die huis in die kar op ons eie gegee…..na die naaste mall….3.5km ver! Ek was so op my senuwees, maar ons het veilig soontoe en veilig terug gekom. Van daardie dag was ek en my GPS redelik onafskeidbaar…….wanneer ek ook al erens heen moes ry was hy saam met my…..my veilig en onverdwaald orals geneem waar ek moes kom. Die stem wat my aan die begin irriteer het, het my vertroueling geraak en elke keer het ek ‘n klein swart toestel vertrou om my te bring waar ek moes wees. Ons het so gewoond geraak aan mekaar dat ek selfs party dae met hom kon terugpraat….."ja, ja ek sal omdraai sodra ek kans kry……as jy vroeer so gese het, het ek nie die afdraai gemis nie………!!" Die “Flying Saucer en Gulullios Interchange” het ek leer ry……en op ‘n manier verstaan…..ek kon met gemak in die vinnige baan ry en weet waar om te gaan as daar 6 bane weerskante van my is……..dit het net makliker begin raak. Ek kon selfs party dae my vertroueling stil maak en self my bestemming bereik……

En soos die paaie meer verstaanbaar raak so kon ek meer tyd kry om te dink….te dink oor die lewe en hoe baie die lewe ooreensten met die  “highways & byways” en die GPS’se in ons karre…….

Wanneer mens op die paaie ry, sien mens altyd karre wat vinniger is as joune, duurder en blinker, maar wanneer mens by bykans elke robot stop….sien mens mense wat nie eers kos het om te eet nie, wat praat nog van 4 wiele onder hulle sitvlak…..so wees dankbaar vir dit wat jy het en pas dit op……

Soms pak mens nuwe dinge aan en die paaie is werlik onbekend en ingewikkeld…..wees oop daarvoor……. gebruik die tools tot jou beskiking en enjoy the ride!

Sit soms die stem in jou kop af en vat die ompad, langpad en bospad……kyk by die venster uit en se sommer net dankie, jy sal defenitief iets moois raaksien.

Partykeer is die geraas in jou lewe so hard dat jy werklik die regte aanwysings nie kan hoor nie, raak gereeld stil en luister fyn…..na die mense om jou, jou hart en ons Hemelse Vader

 Mens hoef nie altyd geld by die robot te gee nie, maar probeer om ook nie lelik te wees nie…….dit is miskien ook nie vir daardie persoon maklik om daar te staan nie…miskien kan jy net ‘n halwe glimlag deur jou toe venster gee…..ek haal die woorde van ‘n wyse 5-jarige aan: “Mamma, as almal werk het, kan almal mos met oop vensters ry?”

Moenie altyd op jou “tooter” le en dinge uit verband ruk nie….partykeer is die beste opsie om net in stilte aan te ry……

Moenie dat “padvarke, taxis of lewens varke” jou ontstel nie…hulle steel jou vreugde en weet dit nie eers nie.

Wanneer die GPS van jou hart vir jou se om ‘n afrit te vat en jy mis dit…..met opset of per ongeluk…….sal mens gelukkig meeste van die kere voorkant toe kan omdraai….mag miskien net bietjie van ‘n ompad wees, maar mens kry darem tweede kanse..

Wees elke dag dankbaar as jy veilig by jou bestemming of by jou mense aankom….dit kon net so wel anders gewees het…wanneer jy by ‘n ongeluk verby ry…..bid vir die mense betrokke, al ken jy hulle nie, eendag bid iemand onbekend weer vir jou wanneer jy dit nodig het…..

Betaal jou “boetes” in die lewe as jy verkeerd was en ry aan, mens mag nie “reverse” op die “highways” nie, so beweeg aan en leer uit jou foute….

Miskien sou dit ook lekker wees as jy jou eindbestemming kon intik vir jou lewe…..daar waar jy oor ‘n paar jaar wil eindig….en dan sit jy….”vinnigste roete”……maar wat en waar sou ons nou insit? Het ons nie maar die onbekende, slaggate, afritte en spoedkaartjies nodig om ons as mens net beter te maak nie?

Ons is almal op verskillende “highways” van die lewe, party die hele tyd in die vinnige baan……party op ‘n 2-spoor pad of 'n stofpad, maak nie saak watter pad jy elke dag moet aandurf nie………wees wakker, dankbaar en geduldig. Groei waar jy ook al geplant is……..of op watter pad jy ook al ry. Ons ken nie ons eindbestemming nie, maar ons kan die rit ten minste geniet…

And if all else fails……druk die koppie “VAT MY HUISTOE”, daar sal jy altyd iemand kry wat bereid is om jou vas te hou lief te he.

…..ek hoop jou pad is sonder verkeer vandag…..maar as dit is, draai die musiek op….

xs

Maandag 16 Maart 2015

ONE YEAR LATER.......


 


 
15/16 MAART 2015……….ONE YEAR LATER

 Soos hulle in die “movies” sal se: “One Year Later”……….jip, ons het dit almal beleef en oorleef…..vandag ‘n volle jaar gelede het my Pa sy eerste hartaanval gehad. Daardie “gewone Sondagoggend” wat ons almal se lewens so baie verander het. En hier staan ons nou, almal nog staande na ‘n moeilike jaar.

Ons het ‘n paar laaaaang dae en nagte gehad. Baie hartseer, baie vrees, baie onsekerheid, baie hoop, baie lag en baie dankbaarheid. Daar was vele dokters en phisio besoeke, pille en medisyne, wonde wat net nie wou genees en krag wat party dae net nie weer in die are wou vloei nie. Daar was dae wat ons weer op die rollercoaster geklim het en dae wat ons weer kon afklim…….elke dag in sy eie boks, soos deur die dokter voorspel.

Tog glo ek steeds dat hierdie moeilike ervaring met ‘n baie spesifieke doel oor ons  pad gekom het. Ons het baie geleer, maar ook soms wel baie getwyfel. Mens dink iemand gaan in die teater in en kom weer “heel” aan die anderkant uit, maar die wonde van binne vat veel langer as die steke van buite om te genees. Ek glo tog dat na ‘n jaar van “genees” is ons almal weer op die been en daarvoor is ek baie dankbaar. As ek terugkyk is ek ook dankbaar vir die lesse wat ons kon leer, hierdie dinge lees mens altyd in boeke, maar dit raak ‘n waarheid wanneer mens so ‘n pad stap.

Vir niemand is die dag van more belowe nie, maak die beste van vandag (cliché……..ek weet, maar dit is WAAR!)
Waar een of meer in gebed staan, is die Here naby. Hy luister elke keer. Hy gee jou nie altyd waarvoor jy vra nie, maar Hy sal jou niks gee wat jy nie kan hanteer nie.
Ons is ALMAL baie sterker as wat ons ooit sou kon dink.

Maak nie saak van jou omstandighede nie. Kyk Op, maak geraas en beweeg vorentoe.
Sorg dat almal vir wie jy lief het, dit AlTYD en ELKE DAG weet.

Do not sweat the small stuff.

Moenie die krag van bemoediging onderskat nie. Ons as familie sou nie staande kon bly as dit nie vir almal van julle was wat ons staande gehou het nie. Mens hoef nie altyd iets te se of daadwerkliks te doen nie. Meeste kere kan mens net luister, aanraak of jou kop knik. Ons moet daar wees vir mekaar en kan instaan vir mekaar.

Ek het ook geleer dat my ma selfs nog sterker is as wat ek ooit sou kon dink. Dankie Ma, dankie dat jy soos ‘n rots staande gebly het, altyd moed gehou het en vooruit gestap het, selfs al het Ma party dae self nie die krag gehad nie. Dankie dat Ma altyd so mooi na Pa kyk. Ek salueer Ma!!!

Ons weet nie wat die “boks” van more inhou nie, maar Pappa, vir jou wens ek baie gesondheid toe. Ek wens dat die krag weer in Pa se are sal vloei en dat Pa baie pynlose dae sal he. Ek hoop Pa kry die geleentheid om al die stukke hout in erfstukke te omskep, ek weet hoe graag Pa dit wil doen. Ek hoop Pa kan nou aftree, baie kuier en net die goeie dinge van die lewe geniet. 

Ek wil graag afsluit met ‘n paar woorde uit Adam Tas se liedjie: Man soos my Pa:

“Gee my ‘n knipmes vir my gatsak,

Geloof as storms toesak,

Twee skouers wat ‘n swaar las kan dra

Here maak van my ‘n “mens” soos my Pa

‘n Hart wat hou van waarheid

Wat huil vir die wat swaarkry

‘n Glimlag vol van stoutheid

Twee bruin oe wat saamkyk

Die lewe is te kort om te kla

Leer vir my gebede wat vra vir hoop en vrede

Here maak van my ‘n “mens” soos my Pa

En as my bene eendag krom trek

En die skemer op die werf le

En U soek iemand om my te kom haal

Here stuur vir my ‘n man soos my Pa” – Adam Tas

 

Dankie Here vir ‘n man soos my Pa.

xxxxxxx

(en agter elke man soos my pa staan ‘n vrou soos my ma…….dankie Ma………lief vir julle)

 

 

 

Donderdag 29 Januarie 2015

DIE TOEBROODJIE EN DIE KOSBLIK


 
DIE TOEBROODJIE EN DIE KOSBLIK
 
Vannaand is Dinsdag 13 Januarie 2015, die aand voor die skole in Gauteng heropen. Ek staan alleen in die kombuis, 2 oop kosblikke voor my op die tafel……………en skielik dink ek: “hoe vining” het die tyd nie gevlieg nie. Voel soos gister wat ons so bitter opgewonde was om ons dogter en 2 jaar later ons bulletjie seun te ontmoet………….ek onthou nog hoe ons gewonder het hoe hulle gaan lyk, hoe hulle persoonlikhede gaan wees en hoe ons gebid het dat hulle net gesond sal wees. Vannaand is Mieke al ‘n volle 5 en Hannes ‘n volle 3 jaar oud! By tye die grootste uitdagings van ons lewens, maar altyd ons grootste vreugdes!

En hier staan ek vannaand…..besig om die eerste kosblikke vir die volgende 15 jaar te pak! Ek kry skielik hoendervleis, ek kan nie glo ons Pop gaan more al Graad R toe nie. Ek het vroeer die aand vir hulle gevra wat hulle op hul broodjies wil he vir die volgende dag: “Toop (stroop), Mamma” het dit van Hannes gekom en Mieke kort agterna: “Grondboontjiebotter asb Mamma”…… Snaaks, dink ek, hulle altwee eet dit apart, of die een of die ander, maar nie die kombinasie nie.

Ek dink terug aan my koshuisdae. Ons kon pouses broodjies by die koshuis gaan eet. Woensdae was “Peanutbutter & Stroop Dae”, ons gunsteling. Die ander dae was maar ‘n mengelmoes van Marmite, Marmelade of Gemenge Konfyte………..jy kan verstaan hoekom Woensdae ons gunsteling was. Dan onthou ek ook Maandae, as ons eers die oggend van die plaas af sou ry koshuis toe, het my Ma ekstra vroeg opgestaan en vir ons “toasted tamatie & kaas” broodjies gemaak, in ‘n pannetjie op die gasstoof. Mens kon dit al ruik wanneer sy ons kom wakker maak het. Maandae het ons ook lekker broodjies gehad…….ek onthou hoe mens dan sou uitsien na pouse, na jou kosblik met ‘n spesiale broodjie……..ek kon die liefde en my ma se hande in daardie broodjies proe.

Toe wonder ek, sal Mieke en Hannes ook more so uitsien na hulle kosblikke en darem so bietjie, net ‘n klein bietjie aan my dink…….My oe skiet vol trane, ek hoop hulle is “happy” by die nuwe skool. Eintlik hoop ek dat hulle so gelukkig is dat hulle miskien nie na my sal verlang nie, dit kan hulle miskien hartseer maak.

Ek sluk my trane en begin pak die broodjies, een met “toop” en een met grondboontjiebotter soos versoek. Wens ek kon hul gunsteling “sweetie” ook daar insmokkel, maar die skool is nogals streng dat die kinders nie elke dag ‘n lekkertjie moet inkry nie…..Vrydae is sweetie dag. Ek pak die soutkoekie, die droewors en die kasie in……….lyk darem genoeg. Sit die kosblikke in die yskas vir moreoggend. Bed toe vir my.

Ons is vroeg aan die gang. Dit reen en die verkeer staan doodstil, tussendeur die honderde karre, reen en kinders se opgewondenheid voel my gemoed maar swaar. Ek is so dankbaar, maar ook so hartseer. Ons soek parkering, sakke op die rug, klas toe. Hannes gaan maklik na die nuwe vriendelike tannie toe. Hy sien blokkies en karre en los my hand vining. Ek voel die trane in my oe, maar sluk en sluk weer………ons kom by Mieke se klas aan. Die nuwe Juffrou is net so vriendelik en opreg. Ek het onmiddelik vertroue in haar. Mieke klou my hand stywer……ek voel hart hart klop woes, sy draai om….. “Mamma moenie huil nie, ons sal okay wees”….haar stem bewe, maar haar oe is helder en vol sterre. Die trane stroom oor my wange, sy los my hand en stap om op die mat by die ander maatjies te gaan sit……..daar gaan sy….5 jaar later….

Ek draai om, sit my sonbrille op die mees bewolkte dag in Pretoria op en stap tot by my kar. Ek is papnat gereen en gehuil. Ewe skielik voel ek amper wees, die kar is doodstil………

Vier ure later tel ek twee opgewonde, maar uitgeputte kinders op. Elkeen het sy eie storie van hul eerste dag by die nuwe skool. Ek vra: “Het julle julle broodjies opgeeet?” “Jaaaaaa”, kom dit gelyk van agter af. Ons gesels oor alles en nog wat. Halfpad huistoe raak Hannes aan die slaap. Mieke raak ook stiller…..ewe skielik hoor ek haar se: “Dankie vir my kosblik Mamma, ek het na jou verlang toe ek dit eet.”

Vir die soveelste keer skiet my oe vol trane…….”Plesier Sticks, Mamma het na julle ook verlang..”
xxxxxxxxx

Woensdag 29 Oktober 2014

ONS 24 UUR MET KIEWIET EN DIE LEWENSLES…..


ONS 24 UUR MET KIEWIET EN DIE LEWENSLES…..

Sondagmiddag terwyl ons op die stoep sit by ons vuurtjie hardloop die kinders histeries nader…….Mamma, mamma………daar is ‘n klein voeltjie in die tuin, ons moet hom red, hy is baie, baie klein……..hy is so oulik en mooi!!!! My moed sak in my skoene, as kind het ek verskeie kere ‘n klein voeltjie van een of ander aard probeer grootmaak en nie een keer was dit suksesvol nie en elke keer was die hartseer ewe groot…….

My eerste gedagte is om die voeltjie net daar in die tuin te los…..red kan ons hom nie red nie, dit weet ek…..maar die opgewondenheid op die kinders se gesigte kan ek nie ignoreer nie..

Teen my wil en beterwete se ek: “Bring dan maar ‘n skoenboks.” En so begin ons paar ure met Kiewiet (soos die kinders hom gedoop het.)

Ons kyk op die internet wat ons hom moet voer, ons maak ‘n warmwatersak in sy boks, en voer die boks soos ‘n nessie uit. Ons doen alles volgens die boek.

So gaan ons die nag in. Uurliks word ek wakker en gaan hoor of ek hom nog hoor, voer en kyk of hy nog asemhaal. Hy MOET net oorleef. Alhoewel my kop vir my die kanse op oorlewing probeer regverdig, kan my hart net nie aanvaar dat ek miskien vir my kinders van die “dood” moet vertel nie. Hulle was bevoorreg genoeg om nog nie daarmee kennis te maak nie………

Die volgende oggend sien ek hy is swakker as die vorige dag. Ek moet Pretoria toe en bel my nannie elke twee ure om te hoor of hy nog leef, of sy hom gevoer het en hoe dit met hom gaan. Sy oorleweing raak vir my ‘n obsessie, net omdat ek nie kans sien vir die gevolge nie…..ek is sommer vies dat hy wel oor ons pad gekom het en dat ek hom in die eerste plek nie net in die tuin gelos het nie……….

Later die middag het die onvermeidelike wel gebeur en Kiewiet het ons “verlaat.” Daar staan ek toe, die kinders is in die bad, ek het 10 minute om ‘n verduideliking bymekaar te sit……my moed sak in my skoene en ek dink om ‘n wit leuntjie te vertel……..”Kiewiet se mamma het hom kom haal?” Met die gedagte stap ek boontoe en skraap my moed bymekaar………

“Mamma, gaan ons nou vir Kiewiet kos gee?” vra Mieke.

“Nee Liefie, Kiewiet is dood. Hy was net te klein en swak. Ons het ons beste gedoen, maar ons kon hom nie red nie….” Ek voel die knop in my keel skuif op…..

Haar blou ogies skiet vol trane. “Maar waar is hy nou?”

“Hy is in die diere hemel”.

“By Liewe Jesus?”

“Ja, Liefie, daar by Liewe Jesus.”

“Maar Liewe Jesus bly dan in my hart? Ek wou regtig nog graag vir Kiewiet gehad het, hy was die mooiste voeltjie, Liewe Jesus kan hom nie net vat nie. As ek Hom vra, sal Hy hom teruggee?”

Ek weet skielik nie wat om te se, of ek moet lag of huil nie…..”Nee Bokka, as jy eers in die hemel is, kan jy nie terugkom nie.”

Daardie aand toe almal stil en inni bed is, dink ek weer aan die dag. Wat ‘n dag!!! As ek terugdink het Kiewiet tog met ‘n doel oor ons pad gekom en selfs vir my ‘n paar lesse geleer:

Partykeer wil mens iets regtig graag he, maar baie keer is dit maar vir jou eie agenda. Ek wou nie nou al daardie les vir my kinders leer nie, eintlik was dit selfsugtig van my. Die lewe loop sy pad en alles en almal kom met ‘n doel daaroor. Maak die beste daarvan terwyl jy kan en as dinge anders uitdraai as waarvoor jy gehoop het, maak vrede en berus daarby.

R.I.P Kiewiet, my kinders het so vining lief geraak vir jou en jou koms en heengaan het ‘n belangrike les vir hulle geleer.

 

xxxx

 

 

Maandag 18 Augustus 2014

SISTERHOOD.......


 
 
SISTERHOOD…..

Op n nugter maag (nog sonder ‘n koppie koffie) vra Mieke my vanoggend die vraag………”Mamma wanneer kan ek ‘n sussie kry?”

Ek stotter en stik………skrik myself wa-wyd wakker……..

“Jy het mos ‘n Boetie my Liefie kind.”

“Ek weet kom die stemmetjie terug, maar ek soek nogsteeds ‘n sussie…”

Ek dink ‘n sekonde of twee, gelukkig was die vraag nie vanwaar sussies en boeties presies vandaan kom nie……dit kon erger gewees het.

“Mamma dink nie jy gaan ‘n sussie kry nie.”

“Hoekom nie?”

“My skat, hoe dit werk is……Jy weet mos sussies en boeties kom van Liewe Jesus af. Hy het besluit jy moet ‘n groot sussie vir ‘n boetie wees omdat jy so slim en groot is, daarom het hy vir jou ‘n boetie gegee. Party mense het net sussies en ander ‘n boetie en ‘n sussie. Jy het ‘n boetie, ons kan hom nie gaan omruil nie.”

Sy raak stil en dit lyk of sy die antwoord aanvaar.

Die “oggend gejaag” begin, hare, klere, tande en vitamienes. Die gesprek herhaal homself nie weer nie en ek laai hulle ewe “happy” by die skool af.

Tog kan ek nie help om oppad terug huistoe weer daaraan te dink nie. Is dit nie vreemd hoe elke vrou tog n behoefte aan ‘n “suster” het nie….

Ek is bevoorreg om 2 bloed susters in my lewe te he……. saam het ons groot geword (let wel nie sonder ons eie struwelinge nie”.) Ek is seker daar was dae wat ons mekaar wou “inruil of omruil”, maar sterker en liewer het ons aan die ander kant uitgekom. Ons is saam deur kerels, soene, swottings, werke, troues, huise, babas, siekte, goeie tye en swaar tye en al die gewone goed tussendeur. Ons is so verskillend, maar ook so dieselfde. Ek kan my lewe nie sonder hulle voorstel nie…….Ek se dankie vir hulle elke dag.

Weet altyd ek sal julle vir niks en niemand nou wil inruil of omruil nie….

Dan het ek ook ander susters…….”sisters from another mother”…. Hulle het nie noodwendig saam met my groot geword nie, maar elkeen van hulle het my pad erens met ‘n baie defenitiewe doel gekruis…..hulle is ook almal verskillend, maar tog is daar ‘n “goue susterdraad” wat deur ons almal geweef is, hierdie draad is wat ons almal susters maak…

My defenisie van ‘n suster: ‘n Suster is daardie persoon wie se 6de sintuig net vir “JOU” ontwerp is. Wat jou bel as jy “af” voel die oggend, wat vining en onverwags inloer vir ‘n koppie koffie (of glas wyn) net wanneer jy dit nodig het. Daardie persoon wat so verskillend is van jou, maar so dieselfde, ons kan saam lag, huil, grappe maak, oor ernstige dinge en lawwe goed, oor ons Liewe Vader, kinders, groceries en natuurlik die weer ook gesels. Soms kan ons ook net stil wees en dan is dit ook okay. Die suster wat saam met jou op ‘n diet sal gaan, al het sy dit nie nodig nie, net om jou te motiveer, die suster wat jou keer om jou hare te perm, maar aanmoedig om altyd net jouself te wees. Haar stoep is 'n "terapie kamer" waar jy altyd welkom is. Sy ken jou harts geheime en begeertes, sy bid vir jou elke aand, sonder dat jy daarvan weet of daarvoor gevra het. Sy sal jou tasse help inpak of uitpak, wat ook al die beste vir JOU is……….sy gun jou altyd opregte liefde geluk en seen…en natuurlik, “when the going gets tough, your sister gets going…”

My gedagtes dwaal weer na die dinge van die dag. Maar met dankbaarheid in my hart, weet ek hoe geseend ek is met soveel susters in my lewe…

Ek tel die kinders later by die skool op. Later sit ek en Mieke en koekies versier. Saam om die tafel sit ons die blink balletjies, sterretjie en blommetjies op, toe sy uit die bloute weer die oggend se gesprek ophaal….

“Mamma, ek het ‘n Hannes en dit is seker genoeg………..”

Ek weet nie of ek moet lag nie………my hart voel trots.

“Ja, Bokka, jy sal wel eendag sussies oor jou pad kry……….”

“En ek het vir jou, Mamma.........”

Mieke sal miskien nooit so bevoorreg wees om 2 bloedsusters in haar lewe te he nie, maar ek weet sy sal geseen word met susters oor haar pad……

Vandag wil ek dankie se vir my bloed sussies en my “sisters from another mother”. Julle maak so ‘n groot deel van my lewe uit! Weet net, dat ek elkeen van julle werklik waardeer.

Dankie dat julle deel is van my “asem” elke dag!