Februarie 2014 |
28 April 2014 |
DIE LAPHOED, PAKKIE ROMARY CREAMS, DIE ROLLERCOASTER…..EN
DIE MIELIE-OES
Op Vrydag 3 April het my Pa na 2 weke in die hospitaal die
groen lig gekry om ontslaan te word. Ons was almal verheug. Hy moes nou net ‘n
week nog naby die hospitaal bly en dan sou hy kon teruggaan plaas toe! Ons
almal het ‘n sug van verligting gegee……die wa was deur die drif….
Die Sondagoggend bel my ma, hulle is weer oppad Panorama toe
met my Pa…hy het deur die nag vreeslike pyn gehad wat hulle nie onder beheer
kon kry met die medikasie nie…hulle wil nie kanse vat nie…..paar ure later word
my Pa weer in die ICU opgeneem…..en so begin ons op en af op die rollercoaster
waaroor ons geen beheer het nie….’n rollercoaster wat jy nie kan rem nie, een
wat jy met geen geld kan stop nie…..een wat jou van dag tot dag op jou kniee
hou met jou oe toe…..party dae wil jy net lag en ander dae wil jy huil en
afklim, maar ry, ry ons.
Elke dag was werklik in sy eie boks. Party dae baie goed,
ander dae baie sleg. Daar was verskeie toetse en nog toetse, sonars en x-strale,
dokters en opinies. Medies het ek geweet my Pa is op die beste plek moontlik.
Wat ook al fout is, sal hulle uitvind en “fix”. Maar dit was oor my Pa se
“hart” en kop waaroor ek meer bekommerd was. Hoe voel hy en hou hy moed? My Pa
was in sy hele lewe nog net 3 nagte in die hospitaal en nie eers al 3 was
agtereenvolgend nie. Vandag staan ons op 6 weke……voel hy party dae hy wil
handdoek ingooi, voel hy moeg baklei teen die onophoudelike pyn en sy
omstandighede?
Maar ons KAN nie moed opgee en handoek ingooi nie. Ons moet
eenvoudige elke dag opstaan, geraas maak en vorentoe beur. Hierdie wa moet net
deur die drif, trek of stoot en selfs stamp, stamp. Ons het net te ver gekom om
hier om te draai…..
Met hierdie gedagte le ek een van die vele nagte wakker en
stoei…stoei met ons Liewe Heer en almal wat in die ring wil klim…..ek se DANKIE
vir so baie, maar vra ook so baie vrae. Voel of ons kniee al deur is…..voel of
die wiel net nie wil omdraai nie en ons vasdruk aan die onderkant, voel of ek 10 jaar ouer geraak het…..met dit
alles haal die vaak my in…toe die wekker afgaan, raak ek wakker met die
volgende gedagte…..MOET NOOIT OPHOU PROBEER VERANDER AAN JOU OMSTANDIGHEDE
NIE…..HOU AAN, HOU AAN….
Ek spring op, jaag die kinders aan…ons is amper laat vir
skool. Oppad terug van die skool af, stop ek by die winkel…..koop ‘n pakkie
Romary Creams en ‘n Laphoed en twee engele….
(Ek was 3 toe my Pa in ‘n motorfiets ongeluk was. Ek onthou
hoe ons voor die hospitaal gewag het. My Ma het gekom en gese ons moet kafee
toe gaan om vir Pappa iets te kry om te eet. Ons kon elkeen vir hom iets kies. Ek
het ‘n pakkie Romary Creams vir hom gevat. In my hart het ek geweet hoe baie my
Pa daarvan hou en dat dit hom sommer baie beter sal laat voel. Ek het vas geglo
dit het bygedra dat hy gesond geraak het.)
…..by die huis skryf ek sy kaartjie…dalk het Pa net ‘n
pakkie Romary Creams en ‘n laphoed nodig. Vir my Ma en Suster stuur ek ‘n
engel….want selfs engele het soms ‘n engel nodig……HOU NOEMD, HOU MOED, HOU
MOED……
Hierna het die
rollercoaster ‘n paar dae op die pieke gery. Drs het selfs gepraat dat hy
weer ontslaan kan word. My Pa was positief en die slegte dae was darem minder
as die goeies.
Vrydag het die rollercoaster weer vining afgekom en amper
ontspoor…..na vele toetse het hulle uiteindelik die oorsaak van die aanhoudende
pyn uitgevind. My Pa is allergies vir die produk waarmee hulle hom geheg het.
Hy moet weer teater toe gaan, hulle moet weer oopmaak en alles “oorheg.” Daar
gaan ons weer…….my Pa op die wit bed met die blou jasse om hom, my ma op die
groen stoele…….hierdie keer is ek nie daar om hom te groet of saam met my ma te
wag tot die teater deure oopgaan nie…..ek stuur vir haar ‘n sms…..HOU MOED MA,
EK IS SAAM MET MA OP DIE GROEN STOELE…..
Die operasie duur ‘n uur of wat, alles loop goed af, drs is
tevrede, maar my Pa is weer terug in ICU. Hier sal hy vir ‘n paar dae moet bly,
tot hy sterk genoeg is om na die gewone saal te gaan. Hy en ons almal begin
weer herstel. My ma staan elke dag soos ‘n rots! Elke dag langs sy bed, vat
alles wat kom, goed of sleg. Sy praat hom moed in en almal om haar. Oor haar is
ek ook bekommerd. In 34 jaar kon ek nog nooit die einde van haar kragte sien
nie. Maar ook nog nooit is sy so besproef nie. Ek bid elke aand vir haar vir
krag en genade. Ek wens ek kon vir haar elke dag net ‘n druk en soen gee, iets
om haar krag te gee. Maar my groot sus daar, sy is daar en solank sy daar is,
sal sy my ma regop hou wanneer dinge begin wankel…….Suster, vir jou se ek ook baie
dankie en vir jou bid ek ook elke aand.
Terug op Upington begin my klein sussie (sy is lankal nie
meer my klein sussie nie, maar dit sal sy seker altyd bly…) reelings tref of
die huidige mielie-oes van die land te kry. My Pa se laaste mielie-oes van 67
jaar, die een wat ek weet hy so graag self sou wou afhaal……maar hulle staan in
vir hom en doen wat gedoen moet word, daarvoor is ek so dankbaar.
Na ‘n paar dae in ICU word my Pa uiteindelik oorgeskuif na
die gewone saal. Hy is fisies baie baie swak en sukkel om op sy eie te loop en te
eet……hy het al bykans 20kg verloor… Van hier af is die fokus om sterk te raak,
om genoeg en voedsame kosse te eet…….en om die “hart & kop” te voed. Van
hier is die fokus om uit daardie bed te kom……stampe en stote…….mens mag val in
die lewe…solank jy net elke keer weer opstaan…. Hierdie “rit” is egter nie net
afdraende nie, hy het sy opdraende dae ook…
Paar dae later, mag hy vir ‘n paar uur op ‘n dag uitgaan en
by Dinette hulle kuier. Hier kan hy darem huiskos eet, vars lug en son kry en
die lekker reuk van braaivleis ruik……my Pa spot en se hy is op “parool”.
Gister word sy parool “permanent” en hy word ontslaan,
dieselfde dag wat die stroper die mielielande invaar…….Belinda stuur ‘n foto
met die woorde……”vandag help ons die beste boer langs die Oranjerivier stroop….wat
‘n voorreg!! Die mielies loop soos goue stroop uit die stroper….my hart is by
my Pa, hoe graag sou hy nie self daardie oes wou afhaal nie…..sy boerdery
finaal op sy manier afsluit…..dankie Belinda en Andre dat julle vir hom
ingestaan het….ek is seker hy is heel tevrede met julle “boerdery skills”. Hoe
moeilik dit ook al was, dit was nodig. Dankie daarvoor!!
Na 6 weke van genade van Bo, kan mens seker net terugkyk en
DANKIE se, DANKIE vir ons Liewe Heer wat so getrou sy hand oor ons gehou het,
al het dit party dae gevoel of Sy hand ver is, Hy self het ons “safty belts” op
hierdie rollercoaster vasgemaak, Hy het gesorg dat ons nie uitval nie, maar
stewig sit…..DANKIE aan almal wat ons bemoedig het en by wie ons kon “afpak” en
moedeloos raak. Julle was die “skare” onder die rollercoaster wat ons “aan
ge-cheer” het, al was ons oe toe en ons kniee deur…..ons kon julle hoor…..dankie
daarvoor. Dankie Ma dat ma so mooi na
hom kyk en elke dag met die moed van ‘n leeuwyfie opstaan en die dag aanpak. Ma
is werklik ‘n inspirasie vir ons almal.
Soms wonder mens hoekom jy op so ‘n rit “land” as mens nie
eers ‘n kaartjie gekoop het nie…..mens kan nie help om soms te twyfel oor die “doel”
van so ‘n rit nie….wat mens wel weet is dat dit wat jou nie doodmaak nie, maak
jou sterker, en dit kan ek se……ons is sterker…..mens besef die waarde van dinge
wat geld nie kan koop of regmaak nie…..tyd, tyd saam met mekaar, dit kan so
kort of so lank wees, mens weet nooit, juis daarom is dit so belangrik om te
lewe solank jy kan, tyd te maak vir mekaar en mekaar se goed en sleg te
waardeer……die wereld gaan nie noodwendig stilstaan as jy erens vashaak nie…..jy
kan afklim, maar jy MOET ook weer opklim……partykeer is dit belangriker om jou
eie persoonlike oes af te haal as die mielie-oes op die land…..daarvoor kan
iemand anders instaan vir jou, maar jy en net jy is verantwoordelik vir jou eie
oes……..partykeer het mens net so ‘n rit nodig om werklik weer MENS te raak….
Ons het nog nie afgeklim van hierdie rollercoaster af nie…..maar
ons “safety belts” is aan en ons sit stewig vir die pad vorentoe…..Ek praat
gister met hom oor die foon..hy klink so goed…..”ek is so bly Pa is weer terug,
ek het op ‘n tyd gedink Pa het erens daar in die hospitaal verlore geraak……..”
se ek. “Ek het ook amper so gedink…” antwoord hy terug……..DANKIE PA, DANKIE DAT
JY TERUGGEKOM HET…..
xxxx