Woensdag 29 Oktober 2014

ONS 24 UUR MET KIEWIET EN DIE LEWENSLES…..


ONS 24 UUR MET KIEWIET EN DIE LEWENSLES…..

Sondagmiddag terwyl ons op die stoep sit by ons vuurtjie hardloop die kinders histeries nader…….Mamma, mamma………daar is ‘n klein voeltjie in die tuin, ons moet hom red, hy is baie, baie klein……..hy is so oulik en mooi!!!! My moed sak in my skoene, as kind het ek verskeie kere ‘n klein voeltjie van een of ander aard probeer grootmaak en nie een keer was dit suksesvol nie en elke keer was die hartseer ewe groot…….

My eerste gedagte is om die voeltjie net daar in die tuin te los…..red kan ons hom nie red nie, dit weet ek…..maar die opgewondenheid op die kinders se gesigte kan ek nie ignoreer nie..

Teen my wil en beterwete se ek: “Bring dan maar ‘n skoenboks.” En so begin ons paar ure met Kiewiet (soos die kinders hom gedoop het.)

Ons kyk op die internet wat ons hom moet voer, ons maak ‘n warmwatersak in sy boks, en voer die boks soos ‘n nessie uit. Ons doen alles volgens die boek.

So gaan ons die nag in. Uurliks word ek wakker en gaan hoor of ek hom nog hoor, voer en kyk of hy nog asemhaal. Hy MOET net oorleef. Alhoewel my kop vir my die kanse op oorlewing probeer regverdig, kan my hart net nie aanvaar dat ek miskien vir my kinders van die “dood” moet vertel nie. Hulle was bevoorreg genoeg om nog nie daarmee kennis te maak nie………

Die volgende oggend sien ek hy is swakker as die vorige dag. Ek moet Pretoria toe en bel my nannie elke twee ure om te hoor of hy nog leef, of sy hom gevoer het en hoe dit met hom gaan. Sy oorleweing raak vir my ‘n obsessie, net omdat ek nie kans sien vir die gevolge nie…..ek is sommer vies dat hy wel oor ons pad gekom het en dat ek hom in die eerste plek nie net in die tuin gelos het nie……….

Later die middag het die onvermeidelike wel gebeur en Kiewiet het ons “verlaat.” Daar staan ek toe, die kinders is in die bad, ek het 10 minute om ‘n verduideliking bymekaar te sit……my moed sak in my skoene en ek dink om ‘n wit leuntjie te vertel……..”Kiewiet se mamma het hom kom haal?” Met die gedagte stap ek boontoe en skraap my moed bymekaar………

“Mamma, gaan ons nou vir Kiewiet kos gee?” vra Mieke.

“Nee Liefie, Kiewiet is dood. Hy was net te klein en swak. Ons het ons beste gedoen, maar ons kon hom nie red nie….” Ek voel die knop in my keel skuif op…..

Haar blou ogies skiet vol trane. “Maar waar is hy nou?”

“Hy is in die diere hemel”.

“By Liewe Jesus?”

“Ja, Liefie, daar by Liewe Jesus.”

“Maar Liewe Jesus bly dan in my hart? Ek wou regtig nog graag vir Kiewiet gehad het, hy was die mooiste voeltjie, Liewe Jesus kan hom nie net vat nie. As ek Hom vra, sal Hy hom teruggee?”

Ek weet skielik nie wat om te se, of ek moet lag of huil nie…..”Nee Bokka, as jy eers in die hemel is, kan jy nie terugkom nie.”

Daardie aand toe almal stil en inni bed is, dink ek weer aan die dag. Wat ‘n dag!!! As ek terugdink het Kiewiet tog met ‘n doel oor ons pad gekom en selfs vir my ‘n paar lesse geleer:

Partykeer wil mens iets regtig graag he, maar baie keer is dit maar vir jou eie agenda. Ek wou nie nou al daardie les vir my kinders leer nie, eintlik was dit selfsugtig van my. Die lewe loop sy pad en alles en almal kom met ‘n doel daaroor. Maak die beste daarvan terwyl jy kan en as dinge anders uitdraai as waarvoor jy gehoop het, maak vrede en berus daarby.

R.I.P Kiewiet, my kinders het so vining lief geraak vir jou en jou koms en heengaan het ‘n belangrike les vir hulle geleer.

 

xxxx

 

 

Maandag 18 Augustus 2014

SISTERHOOD.......


 
 
SISTERHOOD…..

Op n nugter maag (nog sonder ‘n koppie koffie) vra Mieke my vanoggend die vraag………”Mamma wanneer kan ek ‘n sussie kry?”

Ek stotter en stik………skrik myself wa-wyd wakker……..

“Jy het mos ‘n Boetie my Liefie kind.”

“Ek weet kom die stemmetjie terug, maar ek soek nogsteeds ‘n sussie…”

Ek dink ‘n sekonde of twee, gelukkig was die vraag nie vanwaar sussies en boeties presies vandaan kom nie……dit kon erger gewees het.

“Mamma dink nie jy gaan ‘n sussie kry nie.”

“Hoekom nie?”

“My skat, hoe dit werk is……Jy weet mos sussies en boeties kom van Liewe Jesus af. Hy het besluit jy moet ‘n groot sussie vir ‘n boetie wees omdat jy so slim en groot is, daarom het hy vir jou ‘n boetie gegee. Party mense het net sussies en ander ‘n boetie en ‘n sussie. Jy het ‘n boetie, ons kan hom nie gaan omruil nie.”

Sy raak stil en dit lyk of sy die antwoord aanvaar.

Die “oggend gejaag” begin, hare, klere, tande en vitamienes. Die gesprek herhaal homself nie weer nie en ek laai hulle ewe “happy” by die skool af.

Tog kan ek nie help om oppad terug huistoe weer daaraan te dink nie. Is dit nie vreemd hoe elke vrou tog n behoefte aan ‘n “suster” het nie….

Ek is bevoorreg om 2 bloed susters in my lewe te he……. saam het ons groot geword (let wel nie sonder ons eie struwelinge nie”.) Ek is seker daar was dae wat ons mekaar wou “inruil of omruil”, maar sterker en liewer het ons aan die ander kant uitgekom. Ons is saam deur kerels, soene, swottings, werke, troues, huise, babas, siekte, goeie tye en swaar tye en al die gewone goed tussendeur. Ons is so verskillend, maar ook so dieselfde. Ek kan my lewe nie sonder hulle voorstel nie…….Ek se dankie vir hulle elke dag.

Weet altyd ek sal julle vir niks en niemand nou wil inruil of omruil nie….

Dan het ek ook ander susters…….”sisters from another mother”…. Hulle het nie noodwendig saam met my groot geword nie, maar elkeen van hulle het my pad erens met ‘n baie defenitiewe doel gekruis…..hulle is ook almal verskillend, maar tog is daar ‘n “goue susterdraad” wat deur ons almal geweef is, hierdie draad is wat ons almal susters maak…

My defenisie van ‘n suster: ‘n Suster is daardie persoon wie se 6de sintuig net vir “JOU” ontwerp is. Wat jou bel as jy “af” voel die oggend, wat vining en onverwags inloer vir ‘n koppie koffie (of glas wyn) net wanneer jy dit nodig het. Daardie persoon wat so verskillend is van jou, maar so dieselfde, ons kan saam lag, huil, grappe maak, oor ernstige dinge en lawwe goed, oor ons Liewe Vader, kinders, groceries en natuurlik die weer ook gesels. Soms kan ons ook net stil wees en dan is dit ook okay. Die suster wat saam met jou op ‘n diet sal gaan, al het sy dit nie nodig nie, net om jou te motiveer, die suster wat jou keer om jou hare te perm, maar aanmoedig om altyd net jouself te wees. Haar stoep is 'n "terapie kamer" waar jy altyd welkom is. Sy ken jou harts geheime en begeertes, sy bid vir jou elke aand, sonder dat jy daarvan weet of daarvoor gevra het. Sy sal jou tasse help inpak of uitpak, wat ook al die beste vir JOU is……….sy gun jou altyd opregte liefde geluk en seen…en natuurlik, “when the going gets tough, your sister gets going…”

My gedagtes dwaal weer na die dinge van die dag. Maar met dankbaarheid in my hart, weet ek hoe geseend ek is met soveel susters in my lewe…

Ek tel die kinders later by die skool op. Later sit ek en Mieke en koekies versier. Saam om die tafel sit ons die blink balletjies, sterretjie en blommetjies op, toe sy uit die bloute weer die oggend se gesprek ophaal….

“Mamma, ek het ‘n Hannes en dit is seker genoeg………..”

Ek weet nie of ek moet lag nie………my hart voel trots.

“Ja, Bokka, jy sal wel eendag sussies oor jou pad kry……….”

“En ek het vir jou, Mamma.........”

Mieke sal miskien nooit so bevoorreg wees om 2 bloedsusters in haar lewe te he nie, maar ek weet sy sal geseen word met susters oor haar pad……

Vandag wil ek dankie se vir my bloed sussies en my “sisters from another mother”. Julle maak so ‘n groot deel van my lewe uit! Weet net, dat ek elkeen van julle werklik waardeer.

Dankie dat julle deel is van my “asem” elke dag!

 

 

Woensdag 11 Junie 2014



KINDERS GROOTMAAK EN DIE SKAAPBOERDERY……..

‘n Groot deel van my lewe het ek op ‘n skaapplaas groot geword. Ons het skape aangejaag, doseer, gewerk en hulle probeer beskerm teen die gevaar van jakkalse en rooikatte.

Party oggende was die aanjaag maklik en vining….ander oggende het die ou mense altyd gese: “Vanoggend is die donderweer weer inni skape……..” dan het elkeen sy eie pad gehardloop en dit het ure geneem om hulle almal in die kraal te kry….

Vanoggend was die donderweer (of die koue) weer behoorlik in ons huis…….die een wil ‘n sekere mus opsit, die ander se hare in ‘n vlegsel en nie ‘n poniestert nie…..die een eet net pienk vitamienpille en die ander een net geel….teen die tyd wat ons almal in die kar sit opaad skool toe, dink ek ons is miskien ook baie soos ‘n skaapboerdery….party dae volg almal mekaar netjies in ‘n trop en ander dae spring elkeen sy eie rigting….

Mense is ook net soos ‘n trop skape wat op die oog af redelik dieselfde lyk, maar elke liewe een van ons het ons eie DNA, selfs ‘n tweeling lammetjie verskil, al is dit net ‘n wit kolletjie op die een oor wat die ander een nie het nie, saam met hierdie verskillende DNA kom natuurlik elkeen se eie wil, opinie en persoonlikheid. So is ook mens se kinders…… skapies met dieselfde pa en ma met baie verskillende DNA……..veral in ons geval is ons 2 skapies se DNA verskillend…..baie verskillend….

Mieke, die perfeksionis wat deur ‘n baie spesifieke bril na die lewe lyk. Dinge moet gebeur soos wat sy wil he dit moet. Daar is nie baie “grys area” nie en die pad is reguit sonder enige afdraaie, die lewe het spesifieke reels en sy hou by hulle. As sy die lotto sou wen, sou sy die helfte aan die SPCA skenk en die ander helfte spandeer op alles wat mooi is……

Hannes sit nie brille op as hy na die lewe kyk nie. Hoe minder gevaar en reels hy sien, hoe beter. Die lewe is groot pret, sonder te veel reels en meeste van sy area is grys. Sy pad is vol draaie en af-draaie….dit is immers die avontuur wat dit die moeitewerd maak. As hy die lotto sou wen, sou hy Cadbury se fabriek koop…..

Elkeen van hulle glo in hul eie reg, met hul eie sterk persoonlikheid. Mense se dit is goed dat kinders sterk persoonlikhede het, dit is oor en oor bewys dat hierdie kinders as grootmense uitstyg in die samelewing op verskillende vlakke,…….ons moet hulle net eers groot kry…..meeste van die kere voel dit of my twee “skapies” uit die kraal spring, elkeen in sy eie rigting oppad op sy en haar eie missie……Hierdie verskille hou die kamp interessant, maar laat ook die kamp somtyds na ‘n slagveld lyk…..ons dink verskillend en voel verskillend oor dieselfde dinge…daardie regte “donderweer dae”….

-          Moenie met mekaar baklei nie

-          Luister asb as ons praat

-          Dit is nou slaap tyd

-          Eet julle kos en nie net sweeties nie

-          Neem ander mense rondom jou in ag

-          Deel met mekaar

-          Vra onverskoning

-          Tel asb julle speelgoed op

-          Se dankie en asseblief

-          Vra, moenie gryp nie

-          Hou op terg

Na dae, weke en maande van dieselfde rympies en dieselfde lesse elke dag raak mens soms moedeloos. Ek voel soos ‘n “verlore ooi” wat die hele dag staan en “bler”! Voel of die “duiwel jakkels” gereeld onder my skapies se maniere en reels kom vang. Dan begin ons elke keer weer van voor. Mens begin party dae in jou eie vermoe as ouer twyfel, wonder wat jy meer of minder van moet doen.

As Ma is dit my plig om hulle binne die kraal te hou, ‘n veilige omgewing waar hulle kan groot word, maar soos baie ander skape, volg my skapies nie noodwendig mekaar nie……Hoe versoen mens die twee uiterstes as mens hulle saam moet groot kry.…..waar kry mens die perfekte middelweg…

Ons hoor so dikwels dat ons kinders ons toekoms is. Hulle is die leiers van more, die sake manne, vroue en entrepeneurs…..Hoe maak mens, verwag mens dalk te veel van jou kinders of te min……ek weet nie watter een die gevaarlikste is nie…..as jy as ouer te veel verwag kan mens hulle uitbrand en hulle kan die “lekker” van die lewe miskien heeltemal mis…..verwag mens weer te min, gaan jou kind miskien nooit sy volle potensiaal bereik nie en miskien nooit weet tot wat hy werklik in staat is nie…..Ons moet hulle beskerm teen die wolwe (en veral die wolwe in skaapklere….), maar ook toelaat om die lewe op hul eie te verken. Ons moet hulle grootmaak sodat hulle aanvaarbaar is vir die samelewing, maar ook hul eie identiteit het.

Vraag bly……..hoe maak mens kinders groot?

Miskien moet ek hulle bietjie uit die “druk gang” van my eie denke en maniere jaag. Miskien moet ek my kraal aanpas, vir elkeen sy eie kampie gee, maar tog in dieselfde groot kraal. Elkeen in sy eie kamp waar hulle (binne die reels van die groter kraal) op hul eie manier die lewe kan ontdek…….miskien moet ek ook bietjie in my eie kampie (naby hulle s’n natuurlik) staan en nie altyd en heel tyd in hulle s’n wees nie……miskien is dit juis die druk van my drukgang wat hulle party keer laat uitspring, oor die draad…

Ek wil so graag he hulle moet eendag hul eie besluite kan neem, selfversekerd wees en ja, hul eie opinie oor die lewe en sy dinge he. Met hulle koppe omhoog stap en presies weet wie en wat hulle is. Hulle moet skape van ander troppe ook waardeer, maar nie noodwendig altyd die trop volg nie….almal hoef nie dieselfde te wees nie, maar mens kan nogsteeds mekaar respekteer en mekaar lief he..en bo alles altyd weet wie die skape van hulle eie kraal is.

En vir al hierdie dinge het mens seker jou eie kampie nodig…..as jy jou kop teen daardie kampie se paal wil stamp, moet ons as ouers naby genoeg wees om te troos en ‘n pleister te plak, maar ook ver genoeg staan om hulle soms toe te laat om dit te doen… tog wil ek he dat ons huis altyd ‘n veilige kraal vir ons kinders moet wees en al dwaal hulle party dae rond en af……..hulle moet altyd weet dat ons hulle sal kom soek en terugbring kraal toe.

Meeste van my dae bestaan uit “baie bymekaar maak” van hulle………om hulle te vang as hulle uitspring, te verduidelik en te vra……….maar ook hierdie dae gaan verby gaan, ek besef dat daar eendag ‘n dag gaan kom wat die kampie te klein is en ons die groot hek gaan moet oopmaak sodat hulle die wye velde kan invaar….dit maak my skoon benoud…daardie dag moet hulle reg wees vir die wereld daar buite. Daardie dag moet jou verhouding so wees dat jou kinders WIL terugkom na jou kraal toe…..

Nog ‘n dag van “bymekaar maak” is verby…….Ek trek die komberse oor hulle (pienk en blou, feetjies en monsters….). “Waarvan gaan julle mooi drome droom vannaand vra ek.” “Karre Mamma……..Barbies Mamma….” Ek draai om, sit die lig af en se dankie, dankie vir my twee volmaakte verskillende skapies……dankie dat hulle wil uitspring, maar elke aand my met ‘n vet soen kom nag se……..dankie dat hulle so anders, maar ook so dieselfde is..

Dan vra ek……”Here gee my die krag en wysheid om hierdie skapies groot te maak, dat ek eerder sal toelaat dat hulle “groot word” in plaas daarvan om hulle so hard te probeer “groot maak.”


Dinsdag 29 April 2014

DIE LAPHOED, PAKKIE ROMARY CREAMS, DIE ROLLERCOASTER…..EN DIE MIELIE-OES


Februarie 2014
28 April 2014
 
 
DIE LAPHOED, PAKKIE ROMARY CREAMS, DIE ROLLERCOASTER…..EN DIE MIELIE-OES

Op Vrydag 3 April het my Pa na 2 weke in die hospitaal die groen lig gekry om ontslaan te word. Ons was almal verheug. Hy moes nou net ‘n week nog naby die hospitaal bly en dan sou hy kon teruggaan plaas toe! Ons almal het ‘n sug van verligting gegee……die wa was deur die drif….

Die Sondagoggend bel my ma, hulle is weer oppad Panorama toe met my Pa…hy het deur die nag vreeslike pyn gehad wat hulle nie onder beheer kon kry met die medikasie nie…hulle wil nie kanse vat nie…..paar ure later word my Pa weer in die ICU opgeneem…..en so begin ons op en af op die rollercoaster waaroor ons geen beheer het nie….’n rollercoaster wat jy nie kan rem nie, een wat jy met geen geld kan stop nie…..een wat jou van dag tot dag op jou kniee hou met jou oe toe…..party dae wil jy net lag en ander dae wil jy huil en afklim, maar ry, ry ons.

Elke dag was werklik in sy eie boks. Party dae baie goed, ander dae baie sleg. Daar was verskeie toetse en nog toetse, sonars en x-strale, dokters en opinies. Medies het ek geweet my Pa is op die beste plek moontlik. Wat ook al fout is, sal hulle uitvind en “fix”. Maar dit was oor my Pa se “hart” en kop waaroor ek meer bekommerd was. Hoe voel hy en hou hy moed? My Pa was in sy hele lewe nog net 3 nagte in die hospitaal en nie eers al 3 was agtereenvolgend nie. Vandag staan ons op 6 weke……voel hy party dae hy wil handdoek ingooi, voel hy moeg baklei teen die onophoudelike pyn en sy omstandighede?

Maar ons KAN nie moed opgee en handoek ingooi nie. Ons moet eenvoudige elke dag opstaan, geraas maak en vorentoe beur. Hierdie wa moet net deur die drif, trek of stoot en selfs stamp, stamp. Ons het net te ver gekom om hier om te draai…..

Met hierdie gedagte le ek een van die vele nagte wakker en stoei…stoei met ons Liewe Heer en almal wat in die ring wil klim…..ek se DANKIE vir so baie, maar vra ook so baie vrae. Voel of ons kniee al deur is…..voel of die wiel net nie wil omdraai nie en ons vasdruk aan die onderkant, voel of ek 10 jaar ouer geraak het…..met dit alles haal die vaak my in…toe die wekker afgaan, raak ek wakker met die volgende gedagte…..MOET NOOIT OPHOU PROBEER VERANDER AAN JOU OMSTANDIGHEDE NIE…..HOU AAN, HOU AAN….

Ek spring op, jaag die kinders aan…ons is amper laat vir skool. Oppad terug van die skool af, stop ek by die winkel…..koop ‘n pakkie Romary Creams en ‘n Laphoed en twee engele….

(Ek was 3 toe my Pa in ‘n motorfiets ongeluk was. Ek onthou hoe ons voor die hospitaal gewag het. My Ma het gekom en gese ons moet kafee toe gaan om vir Pappa iets te kry om te eet. Ons kon elkeen vir hom iets kies. Ek het ‘n pakkie Romary Creams vir hom gevat. In my hart het ek geweet hoe baie my Pa daarvan hou en dat dit hom sommer baie beter sal laat voel. Ek het vas geglo dit het bygedra dat hy gesond geraak het.)

…..by die huis skryf ek sy kaartjie…dalk het Pa net ‘n pakkie Romary Creams en ‘n laphoed nodig. Vir my Ma en Suster stuur ek ‘n engel….want selfs engele het soms ‘n engel nodig……HOU NOEMD, HOU MOED, HOU MOED……

 Hierna het die rollercoaster ‘n paar dae op die pieke gery. Drs het selfs gepraat dat hy weer ontslaan kan word. My Pa was positief en die slegte dae was darem minder as die goeies.

Vrydag het die rollercoaster weer vining afgekom en amper ontspoor…..na vele toetse het hulle uiteindelik die oorsaak van die aanhoudende pyn uitgevind. My Pa is allergies vir die produk waarmee hulle hom geheg het. Hy moet weer teater toe gaan, hulle moet weer oopmaak en alles “oorheg.” Daar gaan ons weer…….my Pa op die wit bed met die blou jasse om hom, my ma op die groen stoele…….hierdie keer is ek nie daar om hom te groet of saam met my ma te wag tot die teater deure oopgaan nie…..ek stuur vir haar ‘n sms…..HOU MOED MA, EK IS SAAM MET MA OP DIE GROEN STOELE…..

Die operasie duur ‘n uur of wat, alles loop goed af, drs is tevrede, maar my Pa is weer terug in ICU. Hier sal hy vir ‘n paar dae moet bly, tot hy sterk genoeg is om na die gewone saal te gaan. Hy en ons almal begin weer herstel. My ma staan elke dag soos ‘n rots! Elke dag langs sy bed, vat alles wat kom, goed of sleg. Sy praat hom moed in en almal om haar. Oor haar is ek ook bekommerd. In 34 jaar kon ek nog nooit die einde van haar kragte sien nie. Maar ook nog nooit is sy so besproef nie. Ek bid elke aand vir haar vir krag en genade. Ek wens ek kon vir haar elke dag net ‘n druk en soen gee, iets om haar krag te gee. Maar my groot sus daar, sy is daar en solank sy daar is, sal sy my ma regop hou wanneer dinge begin wankel…….Suster, vir jou se ek ook baie dankie en vir jou bid ek ook elke aand.

Terug op Upington begin my klein sussie (sy is lankal nie meer my klein sussie nie, maar dit sal sy seker altyd bly…) reelings tref of die huidige mielie-oes van die land te kry. My Pa se laaste mielie-oes van 67 jaar, die een wat ek weet hy so graag self sou wou afhaal……maar hulle staan in vir hom en doen wat gedoen moet word, daarvoor is ek so dankbaar.

Na ‘n paar dae in ICU word my Pa uiteindelik oorgeskuif na die gewone saal. Hy is fisies baie baie swak en sukkel om op sy eie te loop en te eet……hy het al bykans 20kg verloor… Van hier af is die fokus om sterk te raak, om genoeg en voedsame kosse te eet…….en om die “hart & kop” te voed. Van hier is die fokus om uit daardie bed te kom……stampe en stote…….mens mag val in die lewe…solank jy net elke keer weer opstaan…. Hierdie “rit” is egter nie net afdraende nie, hy het sy opdraende dae ook…

Paar dae later, mag hy vir ‘n paar uur op ‘n dag uitgaan en by Dinette hulle kuier. Hier kan hy darem huiskos eet, vars lug en son kry en die lekker reuk van braaivleis ruik……my Pa spot en se hy is op “parool”.

Gister word sy parool “permanent” en hy word ontslaan, dieselfde dag wat die stroper die mielielande invaar…….Belinda stuur ‘n foto met die woorde……”vandag help ons die beste boer langs die Oranjerivier stroop….wat ‘n voorreg!! Die mielies loop soos goue stroop uit die stroper….my hart is by my Pa, hoe graag sou hy nie self daardie oes wou afhaal nie…..sy boerdery finaal op sy manier afsluit…..dankie Belinda en Andre dat julle vir hom ingestaan het….ek is seker hy is heel tevrede met julle “boerdery skills”. Hoe moeilik dit ook al was, dit was nodig. Dankie daarvoor!!

Na 6 weke van genade van Bo, kan mens seker net terugkyk en DANKIE se, DANKIE vir ons Liewe Heer wat so getrou sy hand oor ons gehou het, al het dit party dae gevoel of Sy hand ver is, Hy self het ons “safty belts” op hierdie rollercoaster vasgemaak, Hy het gesorg dat ons nie uitval nie, maar stewig sit…..DANKIE aan almal wat ons bemoedig het en by wie ons kon “afpak” en moedeloos raak. Julle was die “skare” onder die rollercoaster wat ons “aan ge-cheer” het, al was ons oe toe en ons kniee deur…..ons kon julle hoor…..dankie daarvoor.  Dankie Ma dat ma so mooi na hom kyk en elke dag met die moed van ‘n leeuwyfie opstaan en die dag aanpak. Ma is werklik ‘n inspirasie vir ons almal.

Soms wonder mens hoekom jy op so ‘n rit “land” as mens nie eers ‘n kaartjie gekoop het nie…..mens kan nie help om soms te twyfel oor die “doel” van so ‘n rit nie….wat mens wel weet is dat dit wat jou nie doodmaak nie, maak jou sterker, en dit kan ek se……ons is sterker…..mens besef die waarde van dinge wat geld nie kan koop of regmaak nie…..tyd, tyd saam met mekaar, dit kan so kort of so lank wees, mens weet nooit, juis daarom is dit so belangrik om te lewe solank jy kan, tyd te maak vir mekaar en mekaar se goed en sleg te waardeer……die wereld gaan nie noodwendig stilstaan as jy erens vashaak nie…..jy kan afklim, maar jy MOET ook weer opklim……partykeer is dit belangriker om jou eie persoonlike oes af te haal as die mielie-oes op die land…..daarvoor kan iemand anders instaan vir jou, maar jy en net jy is verantwoordelik vir jou eie oes……..partykeer het mens net so ‘n rit nodig om werklik weer MENS te raak….

Ons het nog nie afgeklim van hierdie rollercoaster af nie…..maar ons “safety belts” is aan en ons sit stewig vir die pad vorentoe…..Ek praat gister met hom oor die foon..hy klink so goed…..”ek is so bly Pa is weer terug, ek het op ‘n tyd gedink Pa het erens daar in die hospitaal verlore geraak……..” se ek. “Ek het ook amper so gedink…” antwoord hy terug……..DANKIE PA, DANKIE DAT JY TERUGGEKOM HET…..

xxxx

Maandag 14 April 2014

Ek, die groen stoel, die blou jasse en die engele om ons......




Hierdie stukkie is nie vir sensitiewe lesers nie.........

Dit het alles begin met 'n "gewone" sms van my ma op 'n gewone
Sondagoggend....al wat nie "gewoond" was daaraan nie, was die woorde:
"Pappa is vanoggend in die hospitaal opgeneem.....hulle dink dit is sy
suiker."

My hart het onmiddelik in my keel geruk. Ek het net nie 'n goeie gevoel
gehad nie. Leon was op 'n kurses by die werk, ek met twee kinders in die
trollie in Woolies.

Ek bel my Ma, sy is hartseer, maar se ons moenie bekommerd wees nie. Hulle
gaan hom 'n nag of wat daar hou vir monitering. Sy gaan gou winkel toe om
pjamas en die nodige vir hom te kry. Sy hou ons op hoogte. Ek bel dadelik
my jongste sussie. Sy is in trane, hulle is alreeds van Kathu af oppad
Upington toe om my ma te gaan help. Sy sal laat weet hoe die dinge daar lyk
en of hulle ons nodig het.

Ek loop soos 'n zombie in die winkels rond, sonder doel en koop niks van
dit waarvoor ek eintlik gegaan het nie. Dink ek vat sommer die kinders
McDonalds toe, hulle kan bietjie daar speel en ek kan met my koffie en
gedagtes sit. Die koppie koffie is net voor my neergsit toe Belinda my bel,
"Pappa is nou na ICU toe oorgeplaas.......". My kop draai en dit voel asof
iemand my met 'n baksteen reg van voor af getref het. "Die toetse het
teruggekom en dui op 'n hartaanval..." - die baksteen tref my nog 'n keer
en gee my 'n bloedneus. Ek los die koffie, gryp die kinders en ry huistoe.

Leon is oppad huistoe. Tussen my twee susters, my ma, my tannie Ella en die
handvol mense wat weet lui die foon onophoudelik. Al die bemoediging en
gebede begin. Ek is so dankbaar vir almal. Die foon lui weer: "Die dokter
gaan reel dat hulle Pappa more Kaap toe vlieg........, hy moet by die
Kardioloog uitkom, en sy toestand is nie van so 'n aard dat hulle hom per
ambulans kan vat nie..." Dit alles bevestig my grootste verse.......my Pa
is baie ernstig. Maar ek berus my daarby dat hy daar die beste mediese sorg
sal he. Nou moet hy net betyds daar uitkom.

Daardie aand toe ek my oe toemaak sien ek my Pa voor my. Die grote boer met
die laphoedjie op sy kop. Hy was nooit sonder daardie laphoed nie. Toe ons
klein was en ons vra hoekom hy altyd 'n hoed dra was sy antwoord: "Dit is
my verstand". Toe ons later besef dat jou verstand nie in 'n hoed groei
nie, was sy verweer altyd: "My kop kry koud". Ek sien hom onder die boom of
op die stoep sit op die ou tuin draadstoel en vra: "Antie, nou kry mens dan
nie 'n koffietjie nie?" Maandagoggend begin hulle die vlug reel. Hulle
behoort teen 14:00 by die hospitaal opgetel te word, dan oppad lughawe toe.
Gelukkig kan my Ma saamgaan. My Pa was altyd so bang om te vlieg, die
hoogtes werk nie vir hom nie. Kan nou net dink hoe bang hy in sy hart moet
wees, al die onsekerheid. Ten minste is my Ma langs hom. My ma sms later om
te laat weet hulle gaan nou opstyg..........nou nog so 2 ure en dan kan hy
hulp kry, maak ek my somme in my kop.....my telefoon lui 17:00, dit is
Tannie Ella. "Is Leon al by die huis?" "Nee Tannie, maar wat is fout?" Toe
weet ek, dit is sleg, baie sleg........sy verkies eerder dat hy dit vir my
se........"Jou Pa het die vlug nie goed gevat nie, hy is baie
siek........sy bloeddruk het baie geval en hulle moes sukkel om hom aan die
gang te hou....hulle moes jaag van die lughawe af met hom Panorama
Medi-Clinic toe. "Is my Ma by hom?" "Nee, daar was nie plek in die ambulans
nie.........en hulle was baie haastig. Die gedagte kom dadelik by my
op......dit was nie die rede nie. Hulle wou net nie he sy moes hom so sien
nie.......!! Wie gaan my Ma optel? Hoe bang moet my Pa nie nou wees nie en
alleen, so bitter alleen......ek wens ek kon vir hom sy laphoed op sy kop
sit......! My wereld skeur uitmekaar......

Gelukkig is my oudste sussie in die Kaap. Hulle gaan deur Panorama toe om
my Pa daar te kry. Die ambulans het vir my ma vir vervoer van die lughawe
af gereel. Ek bel my Ma......die klein vroutjie aan die anderkant van die
lyn klink so sterk soos 'n rots. "Bly kalm my kind, hulle weet wat hulle
doen. Ek is oppad hospitaal toe en sal laat weet hoe dinge daar lyk." Later
kom die nuus deur dat hulle hom stabiliseer het in ICU. Hy is wakker, maar
voel nie lekker nie. Gaan vroeg moreoggend vir 'n angiogram en dan van daar
af sal ons weet watter kant toe. Ons kom deur die nag......my Ma bel vroeg
met die nuus. "My kind, die angiogram het teruggekom. Pappa moet 'n 4-aar
omleiding kry.........! Hulle het solank 'n balonpomp ingesit om sy hart te
help, hy gaan more (Woensdag) teater toe. Die dokters is egter baie
positief oor die operasie en glo dit sal goed afloop."

Ek sit die foon neer, gaan maak 'n baie sterk koppie koffie en sit op de
stoep..........4 are.....dit is 'n GROOT operasie! Ek het in die hopsitaal
gewerk en weet waardeur daardie pasiente gaan.......die foon lui, dit is
Tannie Ella. Ons gesels en besluit ons moet gaan. Ek praat met Leon: "Gaan
Lief, gaan, moenie later spyt wees as jy dit nie gedoen het nie."

Ek soek vlugte, ek en Tanni Ella vat die laaste 2 kaartjies vir die
aandvlug. Boek en betaal. Maak geregte wat Leon en die kinders in die aand
kan eet. My vriendin Anname staan in vir my met skool, swem en ballet. So
dankbaar vir hierdie mense oor my pad. Ek gooi 2 jeans, 2 tops en 4 pare
skoene (??????? hoekom weet geen mens) in my tas. Probeer aan die kinders
die situasie verduidelik. Mieke met haar 4-jarige wysheid verduidelik dit
aan Hannes: "Oupa se hart is baie seer, Mamma gaan met die vliegtuig om dit
beter te maak en hom te troos....."

Op die vlug is dit ek en my gedagtes. Ek probeer deur 'n tydskrif blaai,
maar kan nie juis konsentreer om iets te lees nie......ek probeer slap,
maar dit ontwyk my ook......wat se 'n mens vir 'n man wat jou 34 jaar lank
groot gemaak het, toe jy klein was jou op sy skouers gedra het en later en
nogsteeds in sy hart dra. Wat se mens, as mens iets vir miskien ou laas
moet se?

Die 2 ure vlieg voel soos 'n ewigheid. My swaer Jos kry ons op die lughawe,
ons ry huistoe, sal eers more my Pa kan sien. Kry my ma by die huis. Sy is
duidelik moeg, hartseer, maar positief. Ons besluit ons moet gaan rus, more
kan 'n lang dag raak. Ek stap terug kombuis toe om water te gaan haal. Kry
my suster daar. Ons huil eers saam en gaan slaap. 05:00 Woensdagoggend word
ek wakker van my ma wat saggies langs my huil. "Mamma, vandag moet ons
sterk wees." "My kind, ek en hy kom al 40 jaar saam, ek kan hom nie vandag
verloor nie." "Kom ons berus daarby dat hy werklik in die beste moontlike
mediese sorg is, die res is in ons liewe Vader se hande." Ek vat haar hand,
bid vir ons albei vir krag. "En Here, ek bedoel dit nie lelik nie, maar
moenie 'n engel vandag stuur nie, kon Jy self en wees saam met my Pa."

Staan op, gee haar sommer 2 kalmeer pille op 'n nugter maag....... ek kyk
die pakkie en sluk self 2....hierdie berg moet ons vandag oor en ons begin
hom nou klim.

Die sms'se stroom in, ons het vanoggend so baie mense op hul kniee saam met
ons. Dankbaar vir ieder en elk. By die hospitaal word ons beperk tot 2
besoekers op 'n slag. My Pa le plat in die bed, mag nie beweeg met die pomp
in nie. Hy is sooo hartseer toe hy my sien. "Dankie my kind en se ook vir
Leon dankie dat jy kon kom." Hy vra uit oor Mieke en Hannes. Ons gesels,
maak grappe en huil baie.

20 minute voor hy moet ingaan trek Tannie Ella die gordyn toe....my ma,
tannie ella, Dinette en ek trek 'n laer om hom....ons bid en gee oor aan
ons Hemelse Vader. Voor ek uitstap, vat ek sy hand: "Pappa, belowe my nou
dat jy gaan terugkom na ons, ons het jou nog so bitter nodig......hy knik,
belowe my Pa.......Ek belowe my kind."

En so begin die groot wag.......op die groen stoele tussen die teater en
die saal waarheen hulle hom sal terugbring. Later gaan ons kafeteria toe,
eet broodjies en die grootste stukke koek op die spyskaart. Ons lag en maak
grappe oor simpel dinge en dan huil ons weer oor die realitiet. Ons is weer
terug op die groen stoele........die skilderye teen die mure lyk nie vir my
na veel nie......ek probeer iets daarvan maak. Die minute voel soos
ure.........12:15 is die tyd wat hy agter die teater deure saam met die
blou jasse verdwyn het......3 ure, 5 ure.......die teater deure gaan oop en
toe. Mense kom in en uit. Daar is hierdie een chirurg wat deel is van die
span wat op my Pa opereer......hy kom die heel tyd uit en gaan weer in,
elke keer, dink ek by myself, asseblief Heer, dit moet net nie nuus wees
oor my Pa nie.........maar elke keer loop hy verby ons na een van sy ander
pasiente....ek is verlig.........!

Ons maak vriende met die mense op die ander groen stoele.....hulle mans,
Pa's en Ma's is ook daar binne, hulle sit met dieselfde gevoel op hulle
harte daar.

19:15, 7 ure later gaan die teater deur weer oop......hier kom hy, hoor ek
my ma in trane langs my. Twee chirurge in blou jassee stoot die bed, die
een duidelik besig om my Pa se ventilator te pomp, dit is pype en masjiene
waar jy kyk, maar toe sien ek dit.....my Pa se gesig.......so vol
vrede.......hy kort net 'n laphoed!!! In die verbygaan se die chirurg: "Dit
het goed gegaan tannie."

Ons moet eers kan gee in die saal dat hulle alles regkry en dan mag ons hom
vining sien. Die chirurg kom vining met ons gesels. Hy is baie tevrede en
ons is oor die eerste hekkie. My Pa doen baie goed en ons kyk nou een dag
op 'n slag vorentoe.......ek is so verlig en dankbaar, voel of ek hom 'n
stywe druk kan gee.....maar daar is gelukkig 'n groen stoel tussen ons.

Ons kan hom vining sien........ek vat sy hand..."Jy het jou belofte gehou
Pa, jy het teruggekom na ons....."

Ons gaan huistoe, tevrede. Die verpleegpersoneel is soos engele en hulle
waak by sy bed. Ons salap rustig. Die volgende dag is hy nogsteeds op die
ventilator, hy kan nie praat nie, maar is met rukke by en kan ons hoor. Ons
spandeer die hele dag tussen sy bed en die groen stoele......Belinda hulle
het ook deurgekom. Ons almal maak beurte om in te gaan. Ons is so dankbaar
vir so baie!

Teen Vrydag is die ventilator uit en kan hy met ons gesels. My vlug is
12:00 terug, so ek moet gaan groet. Hy is half moeilik toe ons daar
inkom...kla oor die verpleegpersoneel wat hom vies maak.....ek wag vir 'n
oomblik alleen met hom......"Pa, ons is nou so ver, Pa sal MOET saamwerk om
hier deur te kom." raas ek. "Ja, my kind, maar dit wat gebeur het het ek
nie verwag nie en ek wil nooit weer terugkom nie..." Ek besef dit, maar om
nie weer terug te kom nie, moet Pa eers hier uitkom. So as hulle se Pa moet
die balletjie blaas, dan doen Pa dit, as Pa moet draai, draai, as Pa moet
op opstaan, staan op. Ons staan agter Pa en van hier af is daar nou nie
omdraai kans nie. Pa het 'n tweede kans gekry. Maak die beste daarvan.
Belowe my my Pa gaan saamwerk.......hy knik sy kop, nee Pa, belowe my, ek
kan nie hoor nie......ek kry darem 'n skewe laggie: "Ek belowe."

En so is ons toe ALMAL op die pad van herstel. Die chirurg het dit so mooi
aan my gestel: "Van hier af is elke dag in sy eie boks, vat een boks op 'n
slag en maak dit oop en "deal" daarmee, een op 'n slag.

Op my vlug terug dink ek oor alles van die afgelope week na....ek kyk
soveel anders na soveel dinge. Ek het soveel hier uit geleer wat ek so
graag wil deel.

more is vir niemand belowe nie, maak die beste van vandag
 
do not "sweat" the small stuff..........dit is net nie die moeitewerd nie. mens weet nooit wanneer jy langs daardie bed in ICU opeindig
nie......dan moet jou gewete skoon wees en nie tyd mors oor  klein onnodige benullighede nie.
 
maak reg wat verkeerd is, vandag...nie more nie...vandag!
 
maak elke dag in sy eie boks oop. Gister was miskien nie goed nie, maar
vandag kan great wees.

Van hier af kyk ons net vorentoe. Soos my Pa vanoggend self gese
het......"ek het die fight gewen." Hy behoort teen more ontslaan te wees en
weer sy laphoed te kan dra.

Nogmals dankie vir almal wat so gereeld 'n sms gestuur het, 'n draai gemaak
het, my kinders rondgery het, gebid het of sommer net gebel het. Julle het
ons gedra en dra ons elke dag!

Gebruik ook sommer van nou af hierdie e-pos adres van my vir e-posse.

Liefde en Groete uit die diepte van my Hart.........xs