Woensdag 03 Junie 2015

CHEER VIR JOU KINDERS LANGS DIE PAD!



Ek kom vandag weer op hierdie stukkie af wat ek 3 jaar terug vir Mieke geskryf het na haar eerste ballet konsert...........nou is sy al 'n volwaardige ballerina met niks meer van die "baba vetjies" erens te bespeur nie.......tog bly die beginsel altyd dieselfde, maak nie saak hoe groot ons kinders raak nie.

"CHEER" VIR JOU KINDERS LANGS DIE PAD EN WEES ALTYD HUL GROOTSTE "FAN"!

ONS BALLERINA 2015

ONS VOELTJIE 2012

 
Ek en Leon het die afgelope jaar die voorreg gehad om ons eerste 2 “kinder konserte” (van nog 100de wat voorle) by te woon en mag ek net noem dat “konsert” vir ons ‘n heeltemal ander betekenis gekry het!
Eerstens was dit mos Mieke se balletkonsert, wat seker die grootste inpak op ons en haarself gehad het. Sy vertolk die rol van ‘n voeltjie (een van 8). Sy is by verre die “baba” in die konsert en al die hare kom skaars in die bollatjie by, maar ballet, ballet ons. Ure sit ek om by die oefeninge, party dae gaan dit beter as ander. Party dae is sy so vol selfvertroue en ander dae ontbreek dit heeltemal. Party dae vlieg ons voeltjie hoog en ander dae is daar ‘n gebreekte vlerk wat haar styf aan my been laat vasklou! Maar ons druk deur, mens gee nie so gou moed op nie. Een van die matriekmeisies kom tot ons redding, sy neem Mieke onder haar “swaan-vlerke” en maak ‘n behoorlike ophef van haar elke keer met die oefening. So gaan die dae en ure verby, party dae selfs 4 ure op ‘n dag se oefening, ek dink party dae, miskien is Mieke nog te klein daarvoor, maar juis op daardie dae verbaas sy my en vlieg sommer ekstra hoog. En na elke oefening het ek en sy dieselfde gesprek:
 
-          Jy het mooi gedans bokka, Mamma is trots op jou! (maak nie saak hoe beroerd dit partykeer gegaan het nie)
Die groot aand kom nader, die kostuums is gereed, die fotodag agter die rug, die programme gedruk.......ons voeltjie gaan deel wees van die “Lelike Eendjie word ‘n Swaan” ballet-uitvoering!!
 
Die Vrydagaand voor die groot konsert oefen hulle vir die eerste keer in die teater in Pretoria. Dit gaan weer ‘n 4 ure skof wees. Ek pak ‘n kosblik met al haar “favourites”, ‘n sak vol goed om haar mee besig te hou tussendeur wanneer hulle nie op die verhoog is nie, haar “kat kombers”, die hele storie. Die ouers mag nie in die kleedkamers agter by hulle sit nie, so ons moet hulle net gaan “afgee” by die deur. Mieke lyk senuwe-agtig toe ons by die vreemde plek uitklim. Ek sien die vriendelike swaan-meisie, sy kom dadelik nader, gesels met Mieke, vat haar.  Net voor hulle wegloop, roep ek haar terug.......Mieke se onderlip bewe.....
-          My selfoonnommer is voor in haar inkleurboek geskryf, bel my asb as daar probleme is, ek gaan nie terug huistoe nie, ek wag net hier buite. Dan het ek vir haar baie eetgoedjies ingepak en 2 bottels sap, eet julle sommer saam, daar is genoeg, hierdie is haar gunsteling kombers om op te sit, sy noem dit “kat” as sy daarvoor vra.......my gedagtes val myself in die rede.......genade Sonja, jy is oorbeskeremend and “paranoid”
-          Ag jammer, ek is seker julle weet wat om te doen
-          Dit is doodreg tannie, ek verstaan, ons sal mooi kyk na haar
-          TANNIE!!!!! TANNIE!!!! ‘n Matriekmeisie noem my tannie!!!! Ek gaan my “oogroom” dagvaar!
Anyway, ek draai om, Mieke lyk nie “happy” nie en ek wil haar nie te veel tyd gee om van plan te verander nie.   Wil my rekenaar in die kar gaan haal, miskien kan ek nog ‘n paar emails doen in die volgende 4 ure.....ek is nog nie by my kar nie, toe lui die foon....
-          Tannie, dit is Bianca (die swaanmeisie), Mieke huil vreeslik vir jou....
My moed sak in my skoene, die konsert is more aand!!! Dit is nie nou die tyd om ‘n “gebreekte vlerk te kry nie!! Ek draai om, kry haar by die deur, die “voeltjie-maskara”  het groot swart trane gemaak, dit is haar hele gesiggie vol. Ek eindig op om “onwettig” in die kleedkamer by haar te sit......ek haat eintlik ma’s wat die reels breek........
Ons oorleef die kleedrepitissie, maar dit gaan nie wonders nie.....sy huil, klou aan my vas, wil nie op die verhoog gaan nie...ek sien onder al die druk gaan die ballet juffrou nog ‘n aar op haar kop ook bars! Al die kostuums, ligte en drama is net te veel vir Mieke........miskien is sy nog te klein..... Na die repisstisie vat ek haar hand en neem haar na ons sitplekke vir die volgende aand (heel voor in die saal sodat sy ons kan sien..)
-          Bokka, kyk vir Mamma, ons het hard geoefen die jaar vir “ballalet (soos sy dit noem)”. Moreaand is die groot konsert. Mamma weet jy kan mooi dans. Ek, Pappa en Boetie gaan hier sit en vir jou kyk. Jy gaan alles doen wat die tannie vir jou se, nie huil nie en jou beste gee! Mamma weet jy kan...
-          Ja Mamma......
Die groot aand breek aan. Ons wy die hele dag aan die voorbereiding......sy moet bietjie slaap, ons pak weer die kosblik vol van al die gunstelinge, sap, inkleurboek, kat.........hare word in ‘n bolla gespuit, ons is oppad, hulle moet reeds 15:00 by die teater wees. Leon en Hannes kom bietjie later deur. Oppad soontoe vra ek:
-          Bokka, onthou jy wat mamma gister gese het? Wat moet jy vannaand doen?  
-          Ek moenie huil nie, alles doen wat tannie se en mooi dans, mamma
Ek ry amper die kar van die pad af......vannaand vlieg ons hoog...ek weet dit sommer!!
Sy is heel tevrede toe ek haar vir die swaan-meisie afgee. Ek probeer myself in toom hou die keer:
-          Alles is in die sak, jy weet mos en my nommer...jy weet mos
-          Ja Tannie, ons sal mooi na haar kyk, belowe
-          Bokka, Mamma is baie lief vir jou, ons gaan vir jou kyk, jy weet mos waar ons sit, gee jou beste en dans mooi, mamma weet jy kan!
Ek gaan soek sitplek by die ander wagtende mammas op die gras, klou my foon vas, wag vir die oproep.....maar niemand bel nie. .......Leon en Hannes maak hul opwagting vir die konsert, ons neem ons plekke in...dit is nogals ‘n formele storie..saal is vol. Toe ons gaan sit, se ek vir Leon..
-          Sy was heel fine.....ons moet maar kyk of sy op die verhoog kom
Die konsert begin, alles mooi en perfek, Hannes bekyk die storie met groot oe, Leon spot en se hy dink Hannes is een vir die “kunste”.....toemaar my skat, moenie bekommer nie, sy lyf sal dit nie toelaat nie....hy sal maar erens in die voorry gaan sak eendag spot ek terug...ons ou groot seuna!!
Ek ken al die musiek, die voeltjies gaan nou uitkom.....en hier kom hulle!!!! Mieke op haar plek.....doen haar passies, perfek, sy loer vinnig om te kyk of sy ons sien...ek is soos een van daardie ma’s waarvoor ek altyd snaaks aangekyk het.....maar ek gee nie om nie!! Waai my arms in die lug en wys trots verhoog toe.......
-          Daar is sy Lief, daar is sy!! Sy doen alles reg! Kyk hoe mooi is sy!! Ek kan dit nie glo nie!!! Ek kry sommer trane in my oe en ek sien die knop in Leon se keel......TROTS....DANKBAAR...mens kan dit nie beskryf nie........
Ons waai, cheer en spring.....soos daardie ouers waarvoor ek altyd snaaks gekyk het, maar ek gee nie om nie....vannaand vlieg ons hoog!!
21:00 die aand (6 ure na ek haar by die deur afgegee het) is dit die “grand finale”. Ek dink nie sy gaan meer wakker wees nie......hulle kom almal uit en daar is sy.....heel voor, regop, trots, in haar skik met haarself, stralend begroet sy die gehoor saam met haar ander maatjies.......ek herhaal weer die hele storie waarvoor ek altyd gelag het, maar ek gee nie om nie!!!
Ek gaan haal haar agter die verhoog na die tyd. Sy is stokflou......maar sy lag en straal.....
-          Mamma, ek het mooi gedans, ne!!!
-          Ek is sooooooo trots op jou, jy het jou beste gegee, mamma weet jy kan! Jy was die mooiste voeltjie vannaand!!!
Leon vertel vandag my reaksie, my gebare en kommentaar van daardie aand met groot humor oor. Dan lag ons weer saam en herleef die aand se sukses.........maar ek is nie skaam daaroor nie, ek sal enige tyd weer opspring, cheer en waai!
Ons kinders word nie in ‘n maklike wereld groot nie, die pad vorentoe is nie maklik nie, hulle het nodig om te weet daar is mense wat altyd vir hulle sal “cheer” langs die pad, maak nie saak hoe beroerd dit party dae gaan nie! Dit is ons werk as ouers om hulle HOOG te laat vlieg daar buite, ons is die wind onder hul vlerkies. Jy besluit self watter wind jou kind nodig het, party dae ‘n sterk wind, selfs ietwat van ‘n tornado, ander dae net ‘n briesie om hul hare deurmekaar te maak en hulle te laat weet dat jy nogsteeds daar is.........
So as julle oor ‘n paar jaar my langs die rugby – of hokkie/netbalveld sien spring, cheer en aanmoedig...moenie my snaaks aankyk nie, kom join my eerder.....ons almal se kinders kan doen met ‘n goeie “cheer” langs die pad!!!
Wen of verloor.......bly jou kinders se grootste “fan”!!