Hierdie is ‘n laaaaang ene, maar die paaie van Gauteng is
lank……
Ek onthou nog so goed die dag toe ons uit die die Kaap gery
het om die stadliggies van Gauteng aan te pak. 29 Junie 2011……..
Ons het op die N1 geklim oppad Paarl se kant toe…..ek het
saggies gehuil en by die venster uitgekyk, ek kon die knop in Leon se keel
sien….Mieke was stil in haar karstoel, salig onbewus van die groot verandering
wat voorle……die kar was doodstil…..
Skielik het ons regs gedraai Val de Vie se kant toe……daar
uitgeklim…net na 08:00 in die oggend moes ons die wynmaker gaan soek…Leon verduidelik
ons storie…….”ons pak vandag 10 jaar in die Kaap op en laat van ons kosbaarste
vriende en familie hier agter vir Gauteng…..maar eendag kom ons terug. So ons
soek jou beste bottle wyn……een wat goed kan verouder, want die dag wanneer ons
terugkom, gaan ons hom oopmaak…..” Hy het simpatiek vir ons gelag en sy beste
gaan haal, ewe toegedraai in papier en in ‘n mooi houtkissie. Toe klim ons weer
op die N1……1462km Gauteng toe. Die GPS het ons mooi verduidelik en so het ons 2
dae later in Pretoria arriveer……
Die wereld was vaal en alles redelik vreemd. Leon het
spoedig begin werk en ek by die huis, 3 maande swanger met Hannes, met my kop,
bokse om uit te pak en Pop. Die Vrydagmiddag het Leon by die huis gekom en
gese: “Lief, ek dink jy moet bietjie uitkom…..” Ek was nie oortuig nie.
Waarheen sal ek nou ry en hoe sal ek weer my pad tot by die huis kry? “Ons gaan
more vir jou ‘n GPS koop, dit is al manier.” Wel, ‘n GPS het ek ook nog nooit
gebruik nie en ek is nou die juis in die voorste ry van tegnologiese vaardighede
nie, het ek gedink. Maar koop het ons hom gaan koop. Leon het baie geduldig
verduidelik presies hoe dit werk, waar ek moet druk as ek die naaste hospitaal
of polisiestasie moet kry. Hoe mens ‘n adres insit en heel laaste……"Lief as jy
twyfel of regtig verdwaal, druk net “VAT MY HUISTOE”, dan sal jy weer hier
uitkom."
Die volgende dag het ek Mieke ons eerste tree uit die huis
in die kar op ons eie gegee…..na die naaste mall….3.5km ver! Ek was so op my
senuwees, maar ons het veilig soontoe en veilig terug gekom. Van daardie dag
was ek en my GPS redelik onafskeidbaar…….wanneer ek ook al erens heen moes ry
was hy saam met my…..my veilig en onverdwaald orals geneem waar ek moes kom.
Die stem wat my aan die begin irriteer het, het my vertroueling geraak en elke
keer het ek ‘n klein swart toestel vertrou om my te bring waar ek moes wees.
Ons het so gewoond geraak aan mekaar dat ek selfs party dae met hom kon
terugpraat….."ja, ja ek sal omdraai sodra ek kans kry……as jy vroeer so gese
het, het ek nie die afdraai gemis nie………!!" Die “Flying Saucer en Gulullios
Interchange” het ek leer ry……en op ‘n manier verstaan…..ek kon met gemak in die
vinnige baan ry en weet waar om te gaan as daar 6 bane weerskante van my
is……..dit het net makliker begin raak. Ek kon selfs party dae my vertroueling
stil maak en self my bestemming bereik……
En soos die paaie meer verstaanbaar raak so kon ek meer tyd
kry om te dink….te dink oor die lewe en hoe baie die lewe ooreensten met die
“highways & byways” en die GPS’se in ons karre…….
Wanneer mens op die paaie ry, sien mens altyd karre wat
vinniger is as joune, duurder en blinker, maar wanneer mens by bykans elke
robot stop….sien mens mense wat nie eers kos het om te eet nie, wat praat nog
van 4 wiele onder hulle sitvlak…..so wees dankbaar vir dit wat jy het en pas
dit op……
Soms pak mens nuwe dinge aan en die paaie is werlik onbekend
en ingewikkeld…..wees oop daarvoor……. gebruik die tools tot jou beskiking en
enjoy the ride!
Sit soms die stem in jou kop af en vat die ompad, langpad en
bospad……kyk by die venster uit en se sommer net dankie, jy sal defenitief iets
moois raaksien.
Partykeer is die geraas in jou lewe so hard dat jy werklik
die regte aanwysings nie kan hoor nie, raak gereeld stil en luister fyn…..na
die mense om jou, jou hart en ons Hemelse Vader
Moenie altyd op jou “tooter” le en dinge uit verband ruk
nie….partykeer is die beste opsie om net in stilte aan te ry……
Moenie dat “padvarke, taxis of lewens varke” jou ontstel
nie…hulle steel jou vreugde en weet dit nie eers nie.
Wanneer die GPS van jou hart vir jou se om ‘n afrit te vat
en jy mis dit…..met opset of per ongeluk…….sal mens gelukkig meeste van die
kere voorkant toe kan omdraai….mag miskien net bietjie van ‘n ompad wees, maar
mens kry darem tweede kanse..
Wees elke dag dankbaar as jy veilig by jou bestemming of by
jou mense aankom….dit kon net so wel anders gewees het…wanneer jy by ‘n ongeluk
verby ry…..bid vir die mense betrokke, al ken jy hulle nie, eendag bid iemand
onbekend weer vir jou wanneer jy dit nodig het…..
Betaal jou “boetes” in die lewe as jy verkeerd was en ry
aan, mens mag nie “reverse” op die “highways” nie, so beweeg aan en leer uit
jou foute….
Miskien sou dit ook lekker wees as jy jou eindbestemming kon
intik vir jou lewe…..daar waar jy oor ‘n paar jaar wil eindig….en dan sit
jy….”vinnigste roete”……maar wat en waar sou ons nou insit? Het ons nie maar die
onbekende, slaggate, afritte en spoedkaartjies nodig om ons as mens net beter
te maak nie?
Ons is almal op verskillende “highways” van die lewe, party
die hele tyd in die vinnige baan……party op ‘n 2-spoor pad of 'n stofpad, maak nie saak watter
pad jy elke dag moet aandurf nie………wees wakker, dankbaar en geduldig. Groei waar
jy ook al geplant is……..of op watter pad jy ook al ry. Ons ken nie ons
eindbestemming nie, maar ons kan die rit ten minste geniet…
And if all else fails……druk die koppie “VAT MY HUISTOE”,
daar sal jy altyd iemand kry wat bereid is om jou vas te hou lief te he.
…..ek hoop jou pad is sonder verkeer vandag…..maar as dit
is, draai die musiek op….
xs